Jauni M stel nuwe enkelsnit bekend!

Jauni M het gedurende Junie 2019 haar debuut-album,  NIEMAND ANDERS, uitgereik en daarmee bewys dat sy nie gebonde is tot ’n spesifieke styl nie. Die album wat grotendeels oor die liefde en die verskillende keuses wat daarrondom gemaak moet word gaan, het ’n volwasse kontemporêre klank en het reeds twee suksesvolle enkelsnitte opgelewer.  Niemand Anders en Liefde soos Dagbreek was die eerste twee enkelsnitte wat vrygestel was vanaf hierdie solo-album en kan steeds gereeld oor radiostasies landswyd gehoor word.

Nou, gedurende Oktober 2019 reik Jauni M die derde en laaste enkelsnit vanaf hierdie album aan radio landswyd uit.  KANS VAN ‘N LEEFTYD, is geskryf deur Emil Struwig en opgeneem deur Sean Manley en Zanda Traut by Manley Recording Studios. 

KANS VAN ‘N LEEFTYD is ‘n romantiese lied wat verseker op troues gehoor gaan word.  Almal soek “die een”.  Daardie deksel vir jou pot.  Daardie kans om ‘n leeftyd saam met daardie spesiale persoon te kan deel.  Met hierdie liedjie vra die persoon vir sy of haar maat om ‘n leeftyd saam te deel.  Om ‘n rots te wees en om die een te wees vir wie hy of sy wil bestaan en oor wil droom.

As ek die storie van die lied moet uitbeeld sal dit wees waar twee mense voor die kansel staan en vir mekaar vra om ‘n leeftyd saam te deel.  OM ‘n kans te vat om ‘n pad te stap … en dan kom die antwoord …. JA! En so vat hulle saam die KANS VAN ‘N LEEFTYD”, sê Jauni. 

Hierdie liedjie is ook beskikbaar op Jauni M se album, NIEMAND ANDERS hier: https://music.apple.com/za/album/niemand-anders/1463284863

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/Jauni.M.Artist01

Twitter: @JauniM

Instagram: @jaunim

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCOrYlt__PkOdkk8RVjSeoCA

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STAR ZOO FACTORY

Starburst Promotions & The Marketing Zoo

Alishia van Deventer (083 635 4717) / Wian Smith (082 773 5685)

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za  / wian@marketingzoo.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za  / www.marketingzoo.co.za

STARBURST PROMOTIONS
Jacques Perie – ADMINISTRATION

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →