Mandjie Dans fonds insameling projekte

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Ons word jaarliks oorval met skole, kerke en gemeenskapsprojekte wat geleenthede soek vir fonds insameling projekte. Hier is die perfekte geleentheid vir 2020.

Blackie Swart Mandjie Dans, jou skool, kerksaal, stadsaal of enige gegewe perseel wat aan die vereistes sal voldoen. Gooi meel en laat Blackie Swart die dansbaan aan die gang kry met Boeremusiek, dansmusiek en al sy lekker dans treffers van die laaste paar jare.

Besprekings nou oop vir 2020

Die gewilde sanger en liedjieskrywer Blackie Swart is terug met ’n splinternuwe album getiteld Boeretroos. Hy dra die album op aan die spesiale mense wat saam met hom gewerk het aan die opnames en veral vir  sy pa , die mens  wat  hom die meeste geïnspireer het en hom gehelp het sy liefde vir boeremusiek te kweek.

Blackie het bekendheid verwerf in1998 vir sy treffer Liewe Lulu en daarna net weghol sukses behaal .Met hierdie album bewys hy net weer hoekom hy talle goue, multi- goue en platinum toekennigs gekry het.

Boeretroos bevat 13 snitte waarna uitgesien kan word met liedjies soos: Beautiful in Suidwes; As Piet vir Karlientjie; Mandjiedans: Witmosselskoffel; Blou Bul Golfdag ; ’n nuwe weergawe van Liewe Lulu en nog vele meer. Die album is styf gepak met treffer op treffer

Blackie Swart is ’n moet vir jou volgende funksie of fees. Skuif weg die tafels want met hierdie album gaan jy net wil skoffel!

Vonk Musiek
Vonk Musiek Kunstenaars
Vonk Musiek 83 Rietfontein Road
Jansenpark Boksburg, Gauteng 1461, ZA

Related posts