Die avonture van Kuifie – Kuifie in Amerika

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

AGTERGROND

Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as ’n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).

In Kuifie in Amerika reis Kuifie en Spokie na Chicago om die stad se bendes vas te trek. Met sy aankoms kry hy reeds te doen met die berugte Al Capone en twee van sy trawante. Hy ontmoet ook Capone se teenstander, die bendeleier Bobby Smiles. Die bendes doen alles in hulle vermoë om hom te stuit: Hulle probeer hom vergiftig en verdrink, ontvoer vir Spokie en oortuig die Indiane in ’n nabygeleë reservaat dat Kuifie hulle vyand is. Sal Kuifie die stryd teen die bendes wen of gaan hy en Spokie in die Slift-fabriek se blikkieskos opeindig?

OOR DIE OUTEUR

Die Belgiese skrywer en illustreerder Georges Prosper Remi oftewel Hergé (1907–1983) staan bekend as die vader van die moderne strokiesprent. Vir sy latere werke doen hy uitgebreide navorsing om die verhale so outentiek moontlik te maak.

OOR DIE VERTALER

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het by die Universiteit Stellenbosch gestudeer en beskik oor ’n Magistergraad in Frans. Sy is ook die vertaler van die Asterix-boeke, wat ook deur Protea gepubliseer word.


VERKOOPSMOONTLIKHEDE

Die avonture van Kuifie is baie gewild onder lesers van alle ouderdomme. Dit is ’n bekende reeks wat geen bekendstelling nodig het nie. Human & Rousseau publiseer meer as 10 jaar gelede Afrikaanse uitgawes van die reeks. Die Afrikaanse boeke is skaars en moeilik bekombaar en daar sal dus ’n groot aanvraag na hierdie heruitgawes wees.

LESERSPROFIEL

Kinders van die ouderdom van 9 jaar en ouer. Volwasse aanhangers van die reeks.

TITEL: Die avonture van Kuifie – Kuifie in Amerika

OUTEUR: Hergé

VERTALER: Sonya van Schalkwyk-Barrois

GENRE: Strokiesverhaal

PRYS: R130.00 (BTW ingesluit)

VERSKYNINGSDATUM: Oktober  2019

ISBN (gedrukte boek): 978-1-4853-0996-3

FORMAAT: 220 x 295 mm

HARDEBAND/SAGTEBAND: Sagteband

AANTAL BLADSYE: 62

VERSPREIDING: Wêreldwyd

Minnistraat 8, Clydesdale • Burnettstraat 1067, Hatfield, 0083 • Posbus 35110, Menlopark, 0102

Tel. 012 3436279 • Faks: 012 3436279

martie@proteaboekhuis.co.za www.proteaboekhuis.com


Related posts