Die ontelbare 48 deur Wessel Pretorius

AGTERGROND

Die Ontelbare 48 is ‘n eenmanstuk is uit die pen van Fiësta-wenner Wessel Pretorius. Dis Woensdagaand op ’n klein plattelandse dorpie in die Laeveld. Die skoolsaal word ingerig vir die maandelikse fliekaand. Agt-en-veertig dorpenaars vergader bymekaar, elkeen met sy eie storie, om The Sound of Music te kyk. Tussen hulle sit ʼn moordenaar met ʼn sluwe plan.

Dit is ʼn mikrokosmiese blik op die alledaagse menslikheid wat ons almal, maak nie saak hoe anders ons dink of leef nie, eindelik saambind. ’n Satiriese drama wat die mens se uithouvermoë vier.

OOR DIE OUTEUR

Wessel Pretorius Wessel Pretorius is die wenner van die 2015 Afrikaans Onbeperk-prys vir ’n jong stem. Hy het vier Fiësta-toekennings en die Woordtrofee vir beste dramaproduksie vir sy solo-stuk Ont- ontvangOnt- is later vertaal deur Hennie van Greunen as Undoneen het getoer na die Edinburgh Festival Fringe, Afrovibes in Nederland, die Wiener Festwochen in Wene en die Nasionale Kunstefees in Grahamstad waar dit die Standard Bank Ovation Goud gekry het. Pretorius skryf ook die teaterstukke Waterpas (KKNK Kanna vir beste komedie), Die dag is bros (vyf Fiësta-benoemings en die ATKV-Woordveertjie vir beste drama), Sandton City Grootdoop, Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof trilogie, I love you Sally Field (and other stories) en Renaissance. 

Sy eerste bundel, Die dag is bros/Sandton City Grootdoop, het in 2017 by Protea verskyn.

VERKOOPSMOONTLIKHEDE

Kunstefeeste

TITEL: Die ontelbare 48

OUTEUR: Wessel Pretorius

GENRE: Drama

PRYS: R180,00 (BTW ingesluit)

VERSKYNINGSDATUM: Oktober 2019

ISBN  (gedrukte boek): 978-1-4853-0969-7

FORMAAT: 152 x 222 mm

SAGTEBAND

AANTAL BLADSYE:  72 VERSPREIDING: Wêreldwyd

Minnistraat 8, Clydesdale Pretoria 0002

Posbus 35110, Menlopark, 0102

Tel. 012 3436279 • Faks: 012 3442653

martie@proteaboekhuis.co.za • www.proteaboekhuis.com


About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →