Die lewe is rof en dis nie altyd maklik nie maar verseker die moeite werd! Dit is die boodskap wat Drickus se splinternuwe enkelsnit oordra.
“Pad is nou” het die week die lig gesien en is tans beskikbaar op alle digitale platforms.
Drickus se lirieke is die van hoop en motivering en sal jou perspektief van “Lounge Dans” Musiek bietjie verander.
Drickus Bezuidenhout is geen onbekende naam in die musiek industrie nie. Na jare se liedjies skryf en optredes saam bekende kunstenaars onder andere Jaun Boucher en Ricky Faber het hy besluit om die keer ‘n lied in sy eie naam aan die publiek vrytestel en ons weet sommer dit gaan diep met mense se harte praat.
Hy skryf en vervaardig die lied self, met finale vermenging deur niemand anders as Sean Manley.
Geniet Hom!!!!
Vir meer inligting, kontak Reinhard Herbst Sel: (071) 896 0781; E-pos: reinhard.rdrproductions@gmail.com