Gaan Suid­Afrika oukei wees? deur Jan­Jan Joubert

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

In Suid Afrika, so word gesê, gebeur die beste en die slegste nooit. Maar hoe weet ons die land gaan nie dié keer oor die afgrond tuimel nie? Suid Afrikaners wat keelvol is vir korrupsie – maar lief vir die land – het byna ’n dekade lank hoopvol daarna uitgesien dat Jacob Zuma uit die kussings gelig word. Nou is Cyril Ramaphosa aan die stuur, maar steeds lyk die toekoms onseker. Sedert Ramaphosa die Uniegebou betrek het, het die werkloosheids koers die hoogte ingeskiet. Die ekonomie groei nie. Met Eskom wat net­net die ligte kan aanhou, populisme wat wyd kop uitsteek en die beoogde nasionale gesondheidsversekering, soek al meer Suid Afrikaners hul heil in die buiteland. Gaan ons dié keer oor die afgrond stort, of is daar hoop? Gaan ons oukei wees? Die gesoute politieke joernalis JAN­JAN JOUBERT kyk na die brandende kwessies wat ons lot kan bepaal. Gaan SuidAfrika oukei wees? is noodsaaklike leesstof vir elke Suid­Afrikaner wat ingelig wil wees en omgee oor die land se toekoms.
Oor die skrywer Jan­Jan Joubert is ‘n skrywer, joernalis en politieke kommentator. Sedert 2001 het hy vir verskeie publikasies en nuusplatforms uit die parlement berig. Hy was voorheen politieke redakteur by Die Burger, Beeld en Rapport, asook parlementêre burohoof van die Sunday Times. Gaan Suid ­Afrika oukei wees? is sy tweede boek. Hy woon in Kaapstad.

Publikasiedatum: 01 November 2019 Prys: R290,00 Bladsye: 232 Formaat: 234mm x 152mm  Bindstyl: Sagteband Kategorie: Aktueel ISBN­13: 9780624087700 Mobi ISBN: 9780624087724 Epub ISBN: 9780624087717 Uitgawe: 1 Druk: 0
* Prys onderhewig aan verandering


Medianavrae Contact: Jean Pieters Tel: 021 406 3033 Email: jpieters@nb.co.za Tafelberg is ‘n druknaam van NB­Uitgewers  Tel: +27 (0) 21 406 3033  Email: www.nb.co.za

Related posts