Een vis twee visse rooi vis blou vis OUTEUR en ILLUSTREERDER: Dr. Seuss

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

AGTERGROND

Hier en daar, ja, hier en daar, woon snaakse goed, sowaar! Ontmoet ’n Jing wat sing, ’n Goks wat boks en ander diere met vreemde maniere in hierdie snaakse stories waar teenoorgesteldes, kleure, getalle en allerhande lawwe dinge ontdek word.

OOR DR. SEUSS

Theodor Seuss Geisel (1904 –1991) is een van die bekendste en geliefste kinderboekskrywers van alle tye. Hy het ongeveer 60 kinderboeke geskryf en geïllustreer, waarvan 600 miljoen eksemplare verkoop is en vertalings in 30 tale beskikbaar is. Protea Boekhuis publiseer in 2019 die Afrikaanse vertalings van die volgende Engelse titels: What pet should I get?; How the Grinch stole Christmas!; Horton hears a Who! en One fish two fish red fish blue fish.

OOR DIE VERTALER

Philip de Vos is ’n bekroonde skrywer, fotograaf en versiemaker van formaat en is in 2015 beloon met ’n KykNET Fiësta Lewensbydrae vir Musiek, Woord- en Visuele kuns in Suid-Afrika. As kind wou hy dolgraag sirkusnar word – en vandag laat hy met die humor in sy werk ’n ieder en ’n elk glimlag. Hy is baie lief vir diere en goggas, en het nog nooit eens ’n mier met opset doodgetrap nie.

Minnistraat 8, Clydesdale • Burnettstraat 1067, Hatfield, 0083 • Posbus 35110, Menlopark, 0102

Tel. 012 3436279 • Faks: 012 3436279

martie@proteaboekhuis.co.za • www.proteaboekhuis.co.za

________________________________________________________________________

TITLE: Een vis twee visse rooi vis blou vis

AUTHOR and ILLUSTRATOR: Dr. Seuss

TRANSLATOR: Philip de Vos

GENRE: Picture book

PRICE: R175.00 (Including VAT)

PUBLICATION DATE: November 2019

ISBN: 978-1-4853-1077-8

FORMAT: 285 x 210 mm

BINDING: Hardcover

PAGES: 72

DISTRIBUTION: South Africa

BACKGROUND

From there to here, from here to there, FUNNY things are everywhere!

Come and meet singing Jings, a boxing Goks, and more crazy creatures, in this hilarious exploration of opposites, colours, numbers, and nonsense. By combining the funniest stories, craziest creatures and zaniest rhymes, Dr. Seuss makes reading fun!

ABOUT THE AUTHOR

Theodor Seuss Geisel (1904–1991) is, quite simply, one of the most beloved children’s book authors of all time. The books he wrote and illustrated under the name Dr. Seuss have been translated into 30 languages. Hundreds of millions of copies have found their way into homes and hearts around the world.

ABOUT THE TRANSLATOR

Philip de Vos is an award-winning author, poet and acclaimed photographer and in 2015 received a KykNET Fiesta Lifetime Achievement award for Music, Literature and the Visual Arts in South Africa. As a child he dreamt of joining the circus as a clown, today the humour in his work makes many a reader smile. He loves animals and bugs and has never even stepped on an ant on purpose. He lives in Green Point, Cape Town.

Related posts