EMIL PAUL EN SAMANTHA LEONARD KRAGTIG SAAM

Emil Paul, ‘The Voice’ deelnemer het vroeër vanjaar sy debuut album ‘Begin net oor’ vrygestel, en dis tyd vir ‘n nuwe enkelsnit vanaf die gewilde album. Dié keer ‘n krag-ballade genaamd ‘Jou f otoraam’ saam met ongelooflik talentvolle Samantha Leonard.

‘Ek is gek vir ‘n lekker duet, en om dit saam met een van die beste stemme in ons land te doen is niks anders as ‘n groot eer nie’ sê Emil. Samantha, self ‘n finalis in die gewilde realiteitreeks, is tans op alle radio stasies met haar debuut album ‘’n Duisend Keuses’.

‘Jou fotoraam’ se diep betekenis mag nie verlore raak in die kunstenaars se saamgevloeide stemme, die polsende melodie of kragtige verwerking nie. Die lied se storie word vertel vanuit die perspektief van ‘n persoon wat ‘n geliefde aan die dood afgestaan het, en wat sukkel om aan te beweeg. Die lied is vir Emil baie persoonlik, omdat hy sy ma op ‘n jong ouderdom verloor het. Hy verstaan dat daar gewoonlik baie vrae is en dat die rouproses nie altyd maklik is nie. ‘n Fotoraam se simboliek is iets waarmee hy identifiseer; ‘ … omdat mens altyd eers die foto van d ie persoon waardeer, wanneer hulle nie meer daar is nie. ‘n Foto beteken soveel meer as jy daarna kyk, as daar heimwee daaraan gekoppel is, want dis asof die persoon nog leef.’ Hy hoop dat luisteraars, wat iemand verloor het, minder alleen sal voel wanneer hulle ‘Jou fotoraam’ luister en dat hulle sal weet hulle is nie alleen nie, want iemand anders – hy – verstaan waardeur hulle gaan.

Luisteraars kan uitsien na ‘n pragtige musiekvideo met beide Emil en Samantha. Die video volg die lied se sterk ballade tema en die ‘n storie word vertel van ‘n persoon met mooi herinneringe van liefdesverhouding. Dele van die video is geskiet by die mooie Lombardy Hotel en die gewilde Rooftop Cafe, regie is hanteer deur Luther van der Watt.

Emil is ‘n besige mannetjie, met planne om homself meer en meer te vestig in die musiekbedryf as ‘n vervaardiger en skrywer. Hy hou daarvan om te eksperimenteer met verskillende klanke en sal ook iets wil vervaardig wat op internasionale erken kan word.

Vir meer inligting oor Emil Paul:

Facebook: Emil Paul Artist Twitter: @emilpaul_sa Instagram:@emilpaul_sa

Publisiteit & Bemarking: The Marketing Zoo – 012 004 0642 marne@marketingzoo.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →