TITEL: Hoe die Grons Kersfees gesteel het! OUTEUR en ILLUSTREERDER: Dr. Seuss

AGTERGROND

Elke Hoe het in Hoe-ville van Kersfees gepraat …

Maar die Grons in die Noorde het Kersfees GEHAAT!

Op Oukersdag besluit die iesegrimmige Grons om Kersfees in Hoe-ville vir ewig te stop. Hy gaan steel die Hoes in Hoe-ville se kos en presente. Maar sal dit maak dat Kersfees ook wegbly?

OOR DR. SEUSS

Theodor Seuss Geisel (1904 –1991) is een van die bekendste en geliefste kinderboekskrywers van alle tye. Hy het ongeveer 60 kinderboeke geskryf en geïllustreer, waarvan 600 miljoen eksemplare verkoop is en vertalings in 20 tale beskikbaar is. Protea Boekhuis publiseer in 2019 die volgende Engelse titels: What pet should I get?; How the Grinch stole Christmas!; Horton hears a Who! en One fish two fish red fish blue fish.

OOR DIE VERTALER

Philip de Vos is ’n bekroonde skrywer, fotograaf en versiemaker van formaat en is in 2015 beloon met ’n KykNET Fiësta Lewensbydrae vir Musiek, Woord- en Visuele kuns in Suid-Afrika. As kind wou hy dolgraag sirkusnar word – en vandag laat hy met die humor in sy werk ’n ieder en ’n elk glimlag. Hy is baie lief vir diere en goggas, en het nog nooit eens ’n mier met opset doodgetrap nie.

TITEL: Hoe die Grons Kersfees gesteel het!

OUTEUR en ILLUSTREERDER: Dr. Seuss

VERTALER: Philip de Vos

GENRE: Prenteboek

PRYS: R160.00 (BTW ingesluit)

VERSKYNINGSDATUM: November 2019

ISBN: 978-1-4853-1079-2

FORMAAT: 285 x 210 mm

BINDING: Hardeband

AANTAL BLADSYE: 64

VERSPREIDING: Suid-Afrika

Minnistraat 8, Clydesdale • Burnettstraat 1067, Hatfield, 0083 • Posbus 35110, Menlopark, 0102

Tel. 012 3436279 • Faks: 012 3436279

martie@proteaboekhuis.co.za • www.proteaboekhuis.co.za

________________________________________________________________________

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →