TITEL: Horton hoor ’n Hoe! OUTEUR en ILLUSTREERDER: Dr. Seuss

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

AGTERGROND

Op die 15de Mei in die oerwoud van Noel

terwyl Herrie Olifant swem in sy poel

sou hy laat op een middag ’n ietsietjie hoor,

’n klein krieselklankie wat krap in sy oor …

Toe Herrie ’n klein stemmetjie om hulp hoor skree, los hy alles om sy nuwe vriend te red, want of jy groot is of klein is, jy mag van jou laat hoor! Met die snaaksste stories, die dolste diere en die raarste rympies maak Dr. Seuss lees LEKKER!

OOR DR. SEUSS

Theodor Seuss Geisel (1904 –1991) is een van die bekendste en geliefste kinderboekskrywers van alle tye. Hy het ongeveer 60 kinderboeke geskryf en geïllustreer, waarvan 600 miljoen eksemplare verkoop is en vertalings in 20 tale beskikbaar is. Protea Boekhuis publiseer in 2019 die volgende Engelse titels: What pet should I get?; How the Grinch stole Christmas!; Horton hears a Who! en One fish two fish red fish blue fish.

OOR DIE VERTALER

Philip de Vos is ’n bekroonde skrywer, fotograaf en versiemaker van formaat en is in 2015 beloon met ’n KykNET Fiësta Lewens Bydrae vir Musiek, Woord- en Visuele kuns in Suid-Afrika. As kind wou hy dolgraag sirkusnar word – en vandag laat hy met die humor in sy werk ’n ieder en ’n elk glimlag. Hy is baie lief vir diere en goggas, en het nog nooit eens ’n mier met opset doodgetrap nie.

TITEL: Horton hoor ’n Hoe!

OUTEUR en ILLUSTREERDER: Dr. Seuss

VERTALER: Philip de Vos

GENRE: Prenteboek

PRYS: R175.00 (BTW ingesluit)

VERSKYNINGSDATUM: November 2019

ISBN: 978-1-4853-1078-5

FORMAAT: 285 x 210 mm

BINDING: Hardeband

AANTAL BLADSYE: 72

VERSPREIDING: Suid-Afrika

Minnistraat 8, Clydesdale • Burnettstraat 1067, Hatfield, 0083 • Posbus 35110, Menlopark, 0102

Tel. 012 3436279 • Faks: 012 3436279

martie@proteaboekhuis.co.za • www.proteaboekhuis.co.za

________________________________________________________________________

Related posts