Valeska Muller stel emosiebelaaide liefdesballade vry!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Valeska Muller stel emosiebelaaide liefdesballade vry!

Ware liefde is die inspirasie agter Suid-Afrika se gunsteling-popster en -liedjieskrywer, Valeska Muller, se splinternuwe enkel snit, NABY MY NABY JOU, wat pas bekend gestel is en musiek harte sommer warm laat klop. 

Hierdie is ’n lied wat ek uit die diepte van my hart geskryf het vir my sielsgenoot. Deur dit te sing, wil ek ware liefde in my lewe laat manifesteer,” verduidelik die sangeres oor die betekenis agter hierdie sielvolle snit. “Ek kan myself verbeel hoe ek gaan voel wanneer ek vir die eerste keer aan sy hand vat en in sy liefdevolle oë kyk. Dis ek wat na al my liefdes teleurstellings en aaklige Tinder-afsprake nog nie moed verloor het nie en steeds bly glo dat daardie een-keer-in-jou-leeftyd-liefde regtig bestaan. Ek hoop ook hy hoor hierdie enkel snit en sal besef dat hy die een is, maar hy moet gou maak want ek is moeg gewag,” sê sy met ’n glimlag. 

NABY MY NABY JOU is ’n pragtige moderne ballade, wat dit regkry om die euforiese gevoel van die liefde vas te vang. Dis ’n spanpoging deur Valeska en haar vervaardiger, BIGG-T, en kombineer drie genres, Pop, Reggae en Huis musiek, om ’n merkwaardige eindresultaat te skep. Die meesleurende wysie sal die luisteraar herinner aan ’n spesiale Somer romanse, en laat uitsien na luilekker dae rondom die swembad. 

Die liedjie is die nuutste vrystelling vanaf haar eerste elektroniese pop-dans album, My Simfonie, wat nou beskikbaar is en volg in die voetspore van vorige treffers soos Verlange Van Jou, Skyn Jou Liggie Vir My en Verdwaal Saam Met Jou wat almal baie goed ontvang is en steeds radio speeltyd kry. Nic Billington van Saint Nic Media is die kreatiewe brein agter haar pragtige musiekvideos wat tans op die kassie te sien is en reeds duisende kykers op You-Tube gelok het.

Valeska, wat haar eie musiekskool – Valeska Muller Vocal Academy (VMVA) – besit, werk al negentienjaar in die musiekbedryf en het op die musiekrealiteitsprogram, Zing, haar debuut op die kassie gemaak as deel van die Top 7 van die kompetisie, wat vir haar baie deure oopgemaak het. 

Sedertdien, het sy al hoofrolle gehad in verskeie verhoogproduksies, asook rolle in televisieprogramme soos GenerationsRoer Jou Voete en Binnelanders. Een van haar liedjies is ook gebruik as die temalied van die program, ’n Ster Vir My Bed, op Via TV. Sy het ook al opgetree by verskeie funksies en feeste, waaronder Aardklop, Innibos, Aartappel Fees, KKNK en vele meer.

Valeska Muller was nog nooit bang om haar hart te deel of grense te verskuif met haar musiek nie; eienskappe wat haar (as kunstenaar) en haar nuutste enkel snit so onvergeetlik maak. NABY MY NABY JOU is nie net die perfekte liedjie om hierdie vakansieseisoen deel te maak van jou langpad-speellyste nie, maar ook ’n vrolike manier om enige kuier aan die gang te kry. 

Hierdie liedjie is beskikbaar op Valeska Muller se album MY SIMFONIE op alle digitale platforms: https://orcd.co/bgglpq9

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/ValeskaMullerSinger/
Instagram:
 @valeskamuller
Twitter:
 @Valeskamuller

PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies 

Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS
Jacques Perie – ADMINISTRATION

Related posts