TITEL: Karnaval van die diere OUTEUR: Philip de Vos

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

AGTERGROND

Die versiemaker Philip de Vos en die kunstenaar Piet Grobler skep prettige rympies en illustrasies geïnspireer deur die komponis Camille Saint-Saëns se Le carnaval des animaux (1886). Saint-Saëns se werk is geïnspireer deur leeus, hoenders, muile, skilpaaie, olifante, kangaroes en ander diere. Die werk bestaan uit 14 bewegings wat vir twee klaviere en ’n kamerorkes geskryf is.

Die eerste uitgawe van Karnaval van die diere verskyn in 1998 by Human & Rousseau. Dit word baie goed ontvang en word in Engels, Duits, Italiaans en Nederlands vertaal.

OOR DIE OUTEUR

Philip de Vos is ’n bekroonde skrywer, fotograaf en versiemaker en is in 2015 beloon met ’n KykNET Fiësta Lewensbydrae vir Musiek, Woord- en Visuele kuns in Suid-Afrika. As kind wou hy dolgraag sirkusnar word – en vandag laat hy met die humor in sy werk ’n ieder en ’n elk glimlag. Hy is baie lief vir diere en goggas, en het nog nooit eens ’n mier met opset doodgetrap nie.

OOR DIE ILLUSTREERDER

Piet Grobler is ’n bekroonde illustreerder wat met sy kunswerke stories vertel. Hy het al meer as 80 boeke geïllustreer en illustrasiewerk vir verskeie tydskrifte en koerante gedoen insluitende Sunday Times, De Kat, Insig, Sarie en Taalgenoot. Hy was senior dosent en kursusleier in Illustrasie aan die Universiteit van Worcester in Engeland.

VERKOOPSMOONTLIKHEDE

Beide Philip en Piet is huishoudelike name in Suid-Afrika en hulle is ook bekend in die buiteland. Die eerste uitgawe van Karnaval van die diere is nie net plaaslik goed ontvang nie, maar is internasionaal bekend en in verskeie tale vertaal.

LESERSPROFIEL: Volwassenes en kinders.

TITEL: Karnaval van die diere

OUTEUR: Philip de Vos

ILLUSTREERDER: Piet Grobler

GENRE: Verseboek/Prenteboek

PRYS: R180.00 (BTW ingesluit)

VERSKYNINGSDATUM: September 2019

ISBN: 978-1-4853-0850-8

FORMAAT: 218mm x 218mm

HARDEBAND/SAGTEBAND: Hardeband

AANTAL BLADSYE: 32

AANTAL ILLUSTRASIES: 18, volkleur VERSPREIDING: Wêreldwyd


8 Minni Street, Clydesdale 1067 Burnett Street, Hatfield, 0083 Box 35110, Menlo Park, 0102

Tel. 012 3436279 • Fax: 012 3436279

martie@proteaboekhuis.co.za • www.proteaboekhuis.com

_________________________________________________________________________________________

Related posts