Vonk Musiek.

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Ek wil my graag net voorstel, ek is Danell Grobler en ek hanteer die besprekings vir ons kunstenaars hier by Vonk Musiek .

Jy kan my gerus kontak op danell@vonkmusiek.co.za of op ons landlyn skakel 011 823 1771

Juan Boucher

Juan Boucher is lankal nie meer ‘n naam wat jy nie ken nie. Hierdie goueplaat-bekroonde sanger en liedjieskrywer het homself in ons volk se harte ingesing en sy rasperstem lei die melodieë wat ‘n boer op sy plaas neurie tot die jongmense naweek na naweek vashou aan die dansvloer erens in ons land. Hy het die musiekbedryf oorrompel met sy albums 082, Jy’s my Flavour, Gee jou hart ‘n breek, Kalm voor die storm, ens. “Om ‘n sanger te wees is nie ‘n keuse nie; dit word vir jou gegee deur genade” glo Juan. Met hierdie uitkyk op sy loopbaan skryf hy treffer na treffer en trap sy bakkie die land se paaie plat om sy goedvoel musiek na die warm harte van sy aanhangers te neem.

Ray Dylan

Ray Dylan is jare lank al stewig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gevestig. Hy glo egter sterk in vernuwing en kontinuïteit. Ray slaag altyd daarin om mense te vermaak en sy nuutste album, “Country Vibes”, is ʼn sprekende voorbeeld van sy toewyding aan sy lojale aanhangers!  Ray kry dit keer op keer reg om sy aanhangers met sy unieke stem en ongelooflike talent met die kitaar, elektries en ander, geïnteresseerd te hou. Hy beskik oor ʼn geweldige wye repertoire.

Gian Groen

Gideon Hanekom het van pluimveeteler en plaasbestuurder ontwikkel tot die briljante liedjieskrywer en rockkunstenaar Gian Groen. Dié Stellenbosch-boorling het as lid van die rockgroep Spinnekop en met sy treffer Vier seisoene kind van sy album Groen Kitaar en met sy solo-albums Met die maan gepla, Lied van die engele, Welkom inSomersburg en in 2013 met Dekade van Ballades homself as ‘n musikant met integriteit gevestig.

Jan Rhaap

Hierdie is wat gebeur wanneer ‘n boer van die Noord-Kaap sy hart, rou en eerlik, oopmaak en lirieke en note neerpen terwyl die stof laag oor die werf seil en die hoop nie beskaam vir elke wolkie wat aankom in die verte nie. Sonder om stereotipies te word, kan jy wegskuil agter die waarheid dat die hart van ‘n boer afhanklik en oorgelewer is aan genade en hoop en wanneer ‘n boer sy hart oopmaak, dit eerlik en opreg is. Weereens sing hierdie plaasseun in jou hart in met sy sterk stem, eerlike lirieke, goeie verwerkings en oorspronklike liedjies. Dis verkeerd om mense te vergelyk, maar hierdie voel amper soos ‘n moderne weergawe van Koos Dup. Musiek wat nog lank in ons harte gaan boer

VirAnder

Loof en Prys kry ’n nuwe unieke klank vanuit die Oos-rand deur ’n groep wat bestaan uit familie en vriende. VirAnder is daar om ’n verskil te maak in mense se lewens deur middel van hulle musiek om mense nog nader aan God te bring.

Kontak ons by: 011 823 1771

Related posts