NUWE ENKELSNIT VRYSTELLING – FRANCOIS VAN RENSBURG – EWEWIG

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Almal van ons trap soms skeef, verloor dan momentum en land met ons gesig in die modder. Ewewig is ‘n liedjie wat handel oor hoe belangrik dit is om op te staan, die stof af te skud en weer ‘n keer jou balans te vind. Uit die pen van Francois van Rensburg, met musiekverwerkings deur Wouter van de Venter. Die stemopname en finale meng is behartig deur Roelof Bouwer.

Titel: Ewewig

Skrywer: Francois van Rensburg (musiek en liriek 80%) & Wouter van de Venter (musiek 20%)

Uitgewer: SAMRO // Label: My Way Productions ISRC#: TCAEM1992228

Musiekverwerking: Wouter van de Venter – Weskus Studios

Stemopname en finale meng: Roelof Bouwer – In Tune Studio

Agtergrondstemme: Adri Mocke & Roelof Bouwer

Meester: Rogan Kelsey

Wave formaat link: https://bit.ly/2pFsrKw

 NS. Ewewig is ook op alle digitale platforms beskikbaar.

Ewewig – lirieke

In die lewe is dit moeilik om vir net een ding te staan
As die wêreld wit en swart lyk maar uit grys eintlik bestaan
Verloën jy nog ‘n vriendskap deur jouself eerste te plaas
Of glo jy dit wat eg is sal die waarheid self kan baan

Want ek kyk na die lewe vanaf elke kant
Wat bo lyk is soms onder dis die laaste een wat kan
Vertel van sy verhale al het deure toegeslaan
En sodra die opgee oor is kom die dans
Vind jy weer jou balans

In my ore hoor ek stemme wat soos een man vir my skree
Die een sê ek moet voort gaan maar die ander een sê nee
Dan maak ek weer my oë toe en ek luister na my hart
Hy vertel my wat hier aangaan hy word diwels // onderskat

Want ek kyk na die lewe vanaf elke kant
Wat bo lyk is soms onder dis die laaste een wat kan
Vertel van sy verhale al het deure toegeslaan
En sodra die opgee oor is kom die dans
Vind jy weer jou balans

Kyk om jou na elke harmonie
As jy aanhou soek sal jy die antwoord sien
Vertrou jouself vat dan net weer ‘n kans en vind balans

En kyk weer na die lewe vanaf elke kant
Wat bo lyk is soms onder jy’s die laaste een wat kan
Vertel van jou verhale al het deure toegeslaan
En sodra die opgee oor is kom die dans
Vind jy weer jou balans

Kyk om jou na elke harmonie
As jy aanhou soek sal jy die antwoord sien
Vertrou jouself vat dan net weer ‘n kans
En vind jou balans
En vind balans
© Francois van Rensburg

Related posts