Armand en Burre – ONS is amper daar

Wanneer die emosie die hartsnare tref en twee pelle kom by mekaar en verwerk hul ondervindinge in woord en klank, die lied het in minder as 96 uur amper 475 000 kyke gehaat en op Youtube amper 14000, die video het selfs op whatsup ʼn redelike hoe impak gemaak. Luister jy na die lied “As dit eendag sneeu in die Boesmanland”, dit vat raak, jy voel dit, dan besef jy dit is die realiteit wat boere en hul families elke dag mee worstel.

Armand en Burre “Ons is nie jou normale boyband nie, maar ons sing uit ons hart uit. Baie dankie vir elke mens wat na ons musiek video kyk en luister. Ons dra hierdie lied op aan elke boer in die Boesmanland.”

Armand het grootgeword in die Boesmanland erens tussen Pofadder, Kliprand en die niet. Die naaste skool was Springbok waar hy wou rugby speel, sing en graag ingels praat. Die kans om ‘n Springbok te word is dus baie groter in die Boesmanland, want daar was engels nie ‘n tweede taal nie, maar ‘n vreemde taal. Hoërskool was hy in die befaamde Boland Landbou. Vandag tree hierdie boer landwyd op by enige funksie en sy konsertgangers sien telkemale die son opkom. “Solank hy net nie ingels hoef te praat nie”, sê hy.

ʼn Standbeeld moet vir Burre Burger opgerig word, skryf iemand onlang in n koerant . Die projek “Droogtehulp met Burre Burger” het aanvanklik begin om boere in die droogtegeteisterde Calvinia distrik te help, die organisasie uitgebrei na ʼn nasionale projek. Lees meer op www.droogtehulp.co.za Armand en Burre is albei kreatief en hulle spoor mekaar se goeie eienskappe aan, hierdie liedjie is veral bewys van hulle ongelooflike talent en hulle liefde vir hul mede mens.

Contact us today 011 823 1771 Vonk Musiek

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →