Marli is nuut op die toneel en met haar enkelsnit, Just another Country song

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Country musiek, ook bekend as ‘Country and Western’ of Hillbilly-musiek, is ‘n populêre genre van musiek wat ontstaan het in die vroeë 1920’s. Dit het sy oorsprong gevind deur ‘folk music’ van die werkersklas, wat ‘n kombinasie was van Ierse liedere, ‘Celtic fiddle tunes’, tradisionele engelse ballades en ‘cowboy songs’. Dus, is hierdie ‘n musiekstyl wat hier is om te bly. Deur die jare bly dit ‘n gunsteling en nuwe sangers wat hierdie genre aanpak, is verseker van ‘n gehoor met ge-oefende ore en groot aanhang.

Marli is nuut op die toneel en met haar enkelsnit, Just another Country song, gee sy nie net haar styl weg nie, maar oorrompel die countryliefhebber se ore dadelik. Met ‘n effense Amerikaanse aksent, maar tog nie geforseerd nie, gaan hierdie liedjie boer op radiostasies en dansvloere landwyd.

Dié gebore Potch-meisie woon deesdae in Pretoria waar sy haar musiekloopbaan voltyds bestuur. Op skool al het sy naam gemaak deur aan al wat ‘n kompetisie is deel te neem, in kore te sing en elke geleentheid met beide hande en boots aan te gryp vir wat voorlê.

Met ereklere vir drama en sang kon almal sien dat musiek in haar are vloei. In 2013 neem Marli deel aan die Kraal Kunstefees waar sy 5 A+ ontvang het en die legendariese, Manuel Escorcio aangebied het om haar mentor te wees – en steeds is.

Marli is ook nou betrokke by welsyn en was ambassadeur vir Feed a Child waar sy jong leerders inspireer om terug te gee aan die gemeenskap.

In 2018 het Marli haar eie musiekskool begin en spog met vele A+ studente wat sy oplei op die Italiaanse, Bel Canto sangstyl en help hulle ook met liedjies skryf.

Just another Country Song het byna 6 jaar geduur om geskryf te word, maar hier is Marli nou, reg om die musiekbedryf met boots en hoed aan te pak en te oorrompel.

Die liedjie was geïnspireer deur eerstens haar liefde vir Country Musiek, maar ook met ‘n liefde wat skeef geloop het. Meer daarvan sal jy in die ritme voel wat deur jou are pols as jy na Marli se warm, countrystem luister. Die snit is opgeneem deur ProTrax onder leiding van Allen Roy Scott en Jolanda Becker.

Daar’s ‘n spreukwoord wat lui: “Country music is three chords and the truth!” Wel, hier is sy met meer as drie akkoorde en eerlike, opregte Country musiek lirieke.

Lank lewe Country. Welkom, Marli!

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:

Sel: 082 554 8453; E-pos: lydiaw@mweb.co.za

Related posts