FOTO KREDIET: Nadine de Waal
Om luisteraars te verenig met hulle goedvoelklanke en positiewe boodskap, is een van die multikulturele musiekgroep, POSDUIF, se grootste doelwitte.
Die musiekvideo van hulle nuutste enkelsnit, LAAT VAL DIE WATER,
is beslis die perfekte getuigskrif hiervan.
Yzerfontein, in die Weskaap, dien as die perfekte agtergrond vir dié vrolike
video, wat spog met die mooiste natuurtonele.
Die konsep wat die groep
uitbeeld wat as vriende wat saam toer, is saam met Kyle White beplan, wat die
video verfilm en vervaardig het.
“Nadat ons met Kyle ontmoet het om te gesels wat ons in gedagte het, het hy
voorgestel dat ons die video so natuurlik as moontlik hou,” verduidelik
sanger en kitaarspeler, Nick Jordaan. “Dit wys al die mooi plekke wat ons
sien op ons toer en sluit ook beeldmateriaal in van die lewendige optrede wat
ons by ons eindbestemming doen.”
Alhoewel alles nie seepglad verloop het agter die skerms nie, het hulle dit
baie geniet en is dit maklik om te sien hoe goed die groeplede, wat soveel van
mekaar verskil, oor die weg kom.
“As die video net een persoon anders kan laat dink oor die lewe en inspireer
om meer verdraagsaam te wees, dan is ons werk gedoen,” sê hy.
Kyk die video hier: https://youtu.be/oNzIecyDNQY
LAAT VAL DIE WATER, wat deur Jordaan en James Boland geskryf is en deur die groep beskryf word as ’n snit met ’n “lekkerluister-aanslag”, is baie goed ontvang deur die publiek en radiostasies regoor die land.
Volgens die musikante is hierdie ’n liedjie van hoop en dra dit die boodskap dat moeilike tye makliker oorkom kan word deur in die toekoms van Suid-Afrika te glo, eerder as om negatiwiteit te help versprei. “Daar is so baie negatiewe stories en mense wat uit die land uit vlug,” sê Jordaan.
“LAAT VAL DIE WATER gaan daaroor om die lig te wees en ’n voorbeeld te stel vir die mense rondom ons. Ons woon in ’n pragtige land en moet saam staan, ongeag van wat ons ras, kultuur of geloof is. Almal staar dieselfde probleme in die gesig en kan saam daarby baat wanneer dit opgelos word.”
Die groep bestaan uit lede van die gewilde musiekgroep RUBBER DUC – Jordaan, Amiel Gopal (baskitaarspeler), Leeroy Sauls (dromspeler) en Brendan Campbell (vervaardiger en hoofkitaarspeler), voormalig Mi Casa saksofoonspeler, Kabeey Sax (Kabelo Seleke) en dan die toevoeging van Boland as voorsanger.
FOTO KREDIET: Nadine de Waal
Boland verduidelik wat hierdie sesstuk-groep uniek maak: “Ons het almal verskillende musiekinvloede, wat wissel van Gospel tot Pop en Jazz, en dit alles word op ’n manier gekombineer om ’n unieke klank vas te vang. Wat dit interessant maak, is dat ons almal verskillende voorkeure en idees het as gevolg van ons verskillende kulturele agtergronde. Ons is waarlik ’n multikulturele groep in elke sin van die woord.”
LAAT VAL DIE WATER se musiekvideo is beslis iets waarby gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind en is die perfekte pasmaat vir die enkelsnit se positiewe, opbouende boodskap.
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/PosduifLive/
Instagram: @posduif_live
Twitter: @Posduif14
Webblad: https://posduif.live/
PUBLISITEIT EN BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za
STARBURST PROMOTIONS
Jacques Perie – ADMINISTRATION