Faraway George se langverwagte enkelsnit en video is uiteindelik hier!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Aanhangers van die folk-sanger, Faraway George, kan regmaak vir ’n groot bederf! Nie net gaan dié talentvolle jong kunstenaar ’n nuwe enkelsnit en musiekvideo vrystel nie, maar ook op die verhoog te sien wees vir ’n lekker vertoning in November.

FOTO KREDIET:                                                         Rozier van Tonder (Okay Deer) – www.okaydeer.co.za

Die enkelsnit, SUGAR CANE, is die eerste vrystelling vanaf sy beplande nuwe album. Dit kom uit sy eie pen en dra die boodskap dat jy nie alleen is met jou gedagtes en gevoelens nie. “Daar is mense wat die lewe en spesifieke situasies met ons deel, of dit nou familie of vriende is. Dit kan enige omstandighede verander, omdat dit jou minder alleen sal laat voel en jou lewe kan verryk.”

Volgens hom, is die liedjie geïnspireer deur sy empatie vir ander ander mense en hulle omstandighede, asook uit sy persoonlike struwelinge en begeerte om êrens te behoort en sy plek in die wêreld te verstaan.

SUGAR CANE het ’n speelse klank wat aanklank sal vind by gehore van alle ouderdomme. “Dit herinner ons daaraan dat daar ook goeie dinge uit moeilike omstandighede kan kom, selfs al besef ons dit eers na die tyd,” sê hy.

Die liedjie het verder ook ’n baie unieke aanslag, omdat dit opgeneem is tydens ’n lewendige opnamesessie. Oor die besluit om sy nuutste projek, wat nogal ongewoon is in die bedryf, so aan te pak verduidelik hy dat hy graag wil teruggaan na die basiese elemente van musiekmaak.

“Deesdae is dit moontlik om verlore te raak in al die moontlikhede. Soms is iets wat bedoel is om vryheid te bied, juis die aspek wat jou besluiteloos maak. Ek wou terugaan na die kern van musiek; dit wat gebeur wanneer almal in die kamer in ’n liedjie glo. Dis betowerend!”

FOTO KREDIET:                                                         Rozier van Tonder (Okay Deer) – www.okaydeer.co.za

SUGAR CANE, wat reeds in 2013 geskryf is, is een van vier liedjies wat tydens ’n onlangse opname by die Centurion-teater vasgevang is. Die snit is baie gewild tydens vertonings, wat die rede is hoekom die sanger dit – na baie wik en weeg – as eerste enkelsnitvrystelling gekies het.

Die musiekvideo is ook deel van dié lewendige opname en is reeds op YouTube bekendgestel as deel van ’n reeks van vier opnames, saam met die ander snitte wat ook by Centurion-teater opgeneem is.

Kyk die video hier: https://youtu.be/SH-ogcKdPTM

Voortaan sal die formaat van sy gewone vertonings ook verander en gaan hy ook meer gereeld saam met ’n orkes optree. “Alhoewel ek solo-optredes geniet en steeds intieme akoestiese vertonings sal doen, is dit nogal spesiaal om saam met musikante te werk wat soos ek dink en in my werk glo. Dit maak interessante variasies en interpretasies moontlik en gee elke liedjie ’n nuwe baadjie.”    

Faraway George is in Pietersburg gebore (Polokwane) en het grootgeword met Jazz-musiek. Hy het as tiener begin kitaar speel. Alhoewel hy aanvanklik argitektuur sou studeer, het hy dit opgegee vir sy musiekloopbaan. Sy debuut-kortspeelplaat, Vir ’n Vreemdeling, is in 2016 vrygestel.

Deesdae luister hy na ’n wye verskeidenheid genres, insluitend moderne folk, Afrikaans, alternatiewe musiek, Blues en Americana. Hy put groot inspirasie uit stories uit. “Soms is dit my eie storie en ander kere is dit iemand anders se verhaal. Partykeer tower my verbeelding ook iets op en dan verewig ek dit in musiek,” gesels hy.

Al is hy redelik nuut in die bedryf, glo hy dat hy al baie waardevolle lesse geleer het. “Toe ek begin musiek maak het, was ek vasgevang in my eie wêreld en het ek baie gesukkel om my passie oor te dra tydens optredes. Ek het egter geleer om na mense te kyk wanneer ek op die verhoog is en my musiek vir elkeen van hulle te gee,” sê hy. “Respekteer almal. Wees bedagsaam en deeglik.

Tans is hy besig om materiaal te finaliseer vir sy opkomende album, wat in Maart 2020 op die rak sal wees.

Die liedjie is beskikbaar op alle digitale platforms hier:

Spotify: https://open.spotify.com/album/4xb7bedLFgrIwGJYvk3JYu?si=PSJrF4HxQ6Cb0voawfjQ4g

Apple music: https://music.apple.com/za/album/sugar-cane-single/1485007180


Google Play: https://play.google.com/music/m/Bn7bxgzofsplteduqevp6bryhmi?t=Sugar_Cane

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://web.facebook.com/farawaygeorge/

Instagram: @farawaygeorge 

Twitter: @farawaygeorge 

Website: www.farawaygeorge.co.za

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UC4-5u-ateqvGpPZS-Xh5IHg

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS
Jacques Perie – ADMINISTRATION

Related posts