Kyle Grant se eerste enkelsnit is ‘n moet vir jou Kersfeesspeellys!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

KYLE GRANT: GROWN-UP CHRISTMAS LIST

Foto Krediet : Louis Botha

Daar is min musikante wat erkenning kry vir hulle uitsonderlike talent, as solo-kunstenaar, nadat hulle aanvanklik sukses behaal het as deel van ’n bekroonde musiekgroep. Kyle Grant is een van hulle en bewys dit met die vrystelling van sy nuwe Kersballade, GROWN-UP CHRISTMAS LIST, wat beslis harte gaan raak.

GROWN-UP CHRISTMAS LIST, wat in 1990 oorsee uitgereik is, is ’n inspirerende gesprek met Kersvader, vanuit ’n volwassene se perspektief. Die liedjie, wat deur Muse Productions se Hugo Ludik opgeneem en vervaardig is, is die sanger se eerste solo-poging na die nuus dat ADAM gaan ontbind.

“Die snit bevat ’n lys van goeie wense vir die mensdom,” verduidelik Kyle. “Ek het dit vir die eerste keer gehoor tydens ’n vakansie in die VSA toe ek ’n tiener was. Ek onthou hoe baie ek deur die boodskap geraak is, maar het dit nog nooit op plaaslike radiostasies gehoor speel nie. Volgens my, is dit beslis ’n boodskap wat alle Suid-Afrikaners nodig het om op hierdie oomblik te hoor.”

Alhoewel daar beslis baie ander Kersfeesvrystellings gedurende die feesseisoen gaan wees, glo Kyle dat GROWN-UP CHRISTMAS LISTgoed ontvang sal word, omdat dit ’n eerlike lied is wat sal aanklank vind by gehore van alle ouderdomme. 

Foto Tylo Ribeiro

“Ek is ’n diep en sentimentele persoon, met baie empatie vir my medemens. Eerlikheid is vir my die belangrikste eienskap waaroor ’n sanger moet beskik. Ek glo dat jy selfs eers geïnspireer moet wees, voordat jy ander kan inspireer,” meen Kyle. “Dit is vir my regtig belangrik dat plaaslike luisteraars hierdie lied moet hoor.”

GROWN-UP CHRISTMAS LIST is nie die kunstenaar se eerste solo-enkelsnit nie en hy het reeds op die ouderdom van sewentien groot sukses behaal met ’n oorspronklike snit genaamd I Want It To Be Me. Hy het ook natuurlike ’n goue album en verskeie radio-treffers (Goud, Hoogtevrees, Sal Oorlog Vir Jou Maak, Sê My, Say What You Want, How, Vergifnis, Kalmeer)vrygestel as ’n hoofsangers van ADAM. 

Musiek is beslis in Kyle se bloed. “My ouers was albei professionele korporatiewe musikante en my ouma was ’n operasanger. Musiek is my waarheid en toevlug. Dit is al hoe ek myself werklik kan uitdruk,” sê hy.

Foto: Willem Botha

Buiten vir die feit dat hy al vir sestien jaar in die musiekbedryf doenig is, is hy ook ’n suksesvolle verhoog- en televisieakteur. Hy het die hoofrol gespeel in die internasionale musiekproduksies, Dirty Dancing en High School Musical, asook in verskeie plaaslike verhoogstukke. Op die kassie, het hy al rolle gehad in Egoli, Backstage en Getroud Met Rugby, om maar net ’n paar te noem. Sy grootste loopbaanhoogtepunt sover, was egter vir hom om ’n Suid-Afrikaanse Musiektoekenning (SAMA) te ontvang.

Kyle put inspirasie uit ware verhale en alledaagse gebeurtenisse. “Mense is altyd opsoek na iets wat met die siel praat om minder alleen te voel,” verduidelik hy en verklap dat hy graag ’n sielkundige of berader sou wou wees as hy nie kon sing nie. 

“Ek is ’n stemafrigter en spandeer die helfte van my lesse daaraan om na my studente te luister en hulle te ondersteun. Dis iets waarmee ek nog altyd goed was. Ek hou daarvan om ander te help en te lei waar ek kan,” vertel die sanger.

Alhoewel Kyle alle musiek-genres waardeer, en ’n gunsteling-kunstenaar op elke gebied het, meen hy dat Frank Sinatra, Boyz II Men, Sting, Ard Matthews en Chris Chameleon die grootste invloed gehad het op sy eie styl. Hy beplan ook om binnekort verskeie saamwerk-projekte aan te pak saam met van sy grootste rolmodelle.

Oor sy besluit om ’n solo-loopbaan na ADAM aan te pak, sê hy: “Deur al die hoogte- en laagtepunte van die ervaring, kon ek my ware self ontdek. Dit het my geleer wat ek wil en nie wil hê nie in die lewe.”

Sy toekomsplanne, op ’n persoonlike vlak, sluit in om ’n gesin saam met sy vrou te begin. Professioneel sal hy graag wil aanhou sing en sy passie uitleef. GROWN-UP CHRISTMAS LIST is beslis ’n ongelooflike manier om hierdie nuwe hoofstuk in sy lewe af te skop.

Die liedjie is nou beskikbaar op alle digitale platforms hier:

Spotify: https://open.spotify.com/album/2niw8xiwy2tM0U3IkB7S5c?si=dDvqStG2Srqxr7ui4y4kWw

iTunes: http://itunes.apple.com/album/id1486063819?ls=1&app=itunes

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/KyleGrantVox/

Instagram: @kyle_grant_sa

Twitter: @KyleGrantSinger

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos:alishia@starburstmusic.co.za

Webblad:www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS
Jacques Perie – ADMINISTRATION

Related posts