LCP Productions in samewerking met Renier Weideman en Rea Le Roux bied graag aan: DIE MK SKOLE TOER 2020.

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Ons wil graag by skole omgaan en ons storie vertel. LCP Productions gaan die kinders vertel  wat ons alles doen en waarom ons dit doen. Renier Weideman, filmmaker van Hartsbegeertes en Gebore Talente, is n motiverings spreker en wil graag met die kinders  gesels. Hy wil hulle motiveer en met hulle praat oor talente en drome. Hy wil graag met die kinders (jeug) werk want sy passie is om ander te help. Daarna gaan Rea Le Roux, sangeres van liedjies soos ‘GATVOL VIR HUIS SKOONMAAK’ en nog  vele meer, gaan die program afsluit met n paar van haar liedjies  wat ook bydrae tot ons produksie toer.

Die doel van ons skole toer 2020 is om by soveel  skole as moontlik om te gaan om die woord van God te versprei en om kinders te motiveer om elke talent te gebruik. Ons almal het n talent gekry maar met alles wat tans in SA aangaan, vergeet kinders wat hulle doel is. Ons kom om met hulle te praat en hulle te motiveer om te woeker met hulle talente. Saam met dit gee ons ook hulle die geleentheid om met ons te praat oor wat hulle pla. Ons gaan ook probeer om te help om hulle talente uit te leef.

Renier Weideman sal ook n paar van sy dvd’s kom verkoop en ook praat oor sy ervaring tydens Gebore Talente. Rea Le Roux gaan n paar liedjies sing om die kinders net so bietjie te vermaak. Ons het ons eie klank en beligting wat ons die dag sal opstel. Die produksie beloop tussen 60-90 min. Niks langer as 90 min nie. 

Ons het nie n vaste prys met die produksie nie. Ons vra gewoonlik R15 per kind. Die doel is om nie geld te maak nie, ons wil net die woord van God versprei. Die gelde wat ons wel insamel sal gaan vir ons trustfonds wat gaan vir kinders om te help met hulle toekoms en om hulle drome te laat waar word.

Ons sal graag by jou skool wil kom kuier en die kinders te motiveer om hulle gegewe talente te gebruik en hulle drome uit te leef. (Besprekings kan by die inligting hieronder gedoen word)

Groete

LUKAS  POTGIETER LCP  PRODUCTIONS  Owner And Founder                         Kontak ons gerus:   +27 (0)63 613386                                                                     info.lcpproductions1@gmail.com   +27 (0)84 569 0714                                                                     Danielfrick67@gmail.com 

Related posts