Eerste KletsFest in Afrikaans

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Wat kry jy as jy Snotkop, Early B, Biggy en Jan Bloukaas vir die eerste keer ooit op een verhoog saamgooi? KletsFest!  Om vining te praat is een ding, maar om vining te klets, noot te hou én sin te maak, vat besonderse talent. Dit is presies wat dié vier manne het, hope kletsrymtalent.  Die aand beloof om ‘n hoogtepunt van 2019 te wees met die kunstenaars se bekendste treffers. Kom luister saam na Early B se POTTE, Biggy se DAMES, Snotkop se COOL SOOS KOOS KOMBUIS en Jan Bloukaas se DESEMBER.  Die eerste KletsFest vind plaas op Donderdag 5 Desember by Loftuspark. Die opwindende geleentheid word aangebied deur Newblack

 productions , iTickets en Loftus Park. Kaartjies is reeds beskikbaar by iTickets. Kletsfest is vir almal wat jonk voel, al is jy al oor 50. Kom geniet ‘n aand van kletsrym in die buitelug met ‘n biertuin om jou eie keel nat te hou. Al die restaurante op Loftuspark piazza gaan oop wees. Fantastiese klank en beligting gaan verseker dat jy die vakansie-atmosfeer ervaar.  Daar is ook veilige parkering en goeie sekuriteit beskikbaar sodat konsertgangers ‘n sorgelose aand kan geniet. Kom kuier saam vanaf 17:00 tot laat.  Maak jou reg vir ‘n kletsfees en kom rap saam in Afrikaans! #kletsfest #rapfest #afrikaans Kaartjies beloop R150 per person en is beskikbaar op iTickets: https://itickets.co.za/events/438188  5 Desember, 17:00-23:00 – Loftus Park, Pretoria.

Facebook events: KletsFest  

Publisiteit & Bemarking The Marketing Zoo Marne 081 336 6282 marne@marketingzoo.co.za

Related posts