Geniet kykNET-vermaak dié Desember

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Die jaar staan einde se kant toe en dis uiteindelik tyd om ‘n bietjie af te skakel. Die kykNET-kanale vang die gees van Kerstyd vas met ‘n paar spesiale uitsendings gedurende die feestyd, soos Christmas in July en André Rieu: Christmas down under: Live from Sydney.

Ons vier ook die begin van ‘n nuwejaar én dekade met Die Krone 6 konsert, sowel as Soweto String Quartet, Anton Goosen & vriende op Oujaarsaand. En, diegene wat graag hul geheue wil verfris, kan vir Sara se Geheim 2 op kykNET&kie in skakel, voor die die splinter nuwe Sara se Geheim 3 in Januarie op kykNET begin.

Bonjour Monsieur Brel

1 Desember 10:30 op kykNET en kykNET NOU!

Jannie du Toit sing Jacques Brel se liedjies in Frans, Afrikaans, Engels en Nederlands. Brel se genial beeldende skryfwerk kom navore en is soos die werke van klassieke komponiste en die wêreld se opera’s, tydloos. Jannie word begelei deur Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon).

Camerata TintaBarocca in konsert

8 Desember 11:30 op kykNET en kykNET NOU!

Die Kaapsebarokorkes, Camerata TintaBarocca, speel ‘n program van gewilde barokwerke op outentieke 18de-eeuse instrumente.   

Ouverture: Messias

15 Desember 10:30 op kykNET en kykNET NOU!

Hierdie opwindende a-capella-vertolking van Händel se Messias is by Aardklop 2010 in die Sanlam Ouditoriumopgeneem. Die soliste is Hanli Stapela (sopraan), Minette Du Toit-Pearce (mezzo-alt), Siyabonga Maqungo (tenoor) en Rouel Beukes (bas). Die gebruiklike orkes word vervang met ‘n vokale-ensemble van Anneke Visagie (sopraan), Mariette Labuschagne (mezzo), Heidi Edeling (alt), Fanie Fouche (tenoor) en Roelof Colyn (bas), en die enigste musiekinstrumente in die uitvoering is die clavinola (Charl du Plessis) en tjello (Susan Mouton). Die PUK-Koor met ad-hoc lede en die Nasionale Koorakademie is onderleiding van Prof. Awie van Wyk, en die musiek-regisseur is Janine Neethling.

Sara se Geheim 2

Begin 15 Desember 20:00

Maggie probeer steeds om haar gesin bymekaar te hou terwyl sy haar politieke loopbaan voortsit, maar die spanning in haar familie, sowel as haar donker geheim, maak hierdie ’n bykans onmoontlik euitdaging.

Sara doen haar bes om Johan by te staan, terwyl haar verhouding met Lizzie aan die kortste ent trek. Gadija probeer vir Lizzie wys dat Danny nie die man vir haar is nie, en die twee pak ’n avontuur van selfontdekking aan.

Dít alles terwyl die seuns van Astonia-huis moet man staan in die hof en die verhouding tussen Inge en Aiden sterk groei. Gaan die families van hierdie verhouding uitvind? Gaan Sanel en Ebert die stryd teen Alzheimers wen? Het Ricky die voorval oorleef? Hoe lank kan ’n mens jou geheime wegsteek?

*Lees hiermeer: https://kyknet.dstv.com/nuus/sara-se-geheim-2-alles-wat-jy-moet-weet

Die Boekklub 2

Begin 21 Desember 20:00

Tom en die boekklub-lede beleef saam avonture en die karakters kruip diep in kykers se harte. Gaan Tom in Merweville bly? Kom Lily terug? Kyk saam om uittevind.

André Rieu: Love in Maastricht

21 Desember 20:00 op kykNET

24 Desember 20:00 op kykNET NOU!

Maak gereed vir ‘n konsert wat jou sal meevoer, met gewilde arias, soos ‘Nessun Dorma’, sowel as treffers, soos ‘Can’t Help Falling In Love’ en ‘You Raise Me Up’.

Christmas in July

22 Desember 10:30 op kykNET en kykNET NOU!

VierKersfees met ballet en musiek. Met internasionaleballetsterresoosAdiarys Almeida en TarasDomitro en ikoniesetonele word jy weggevoerna ‘n pragtigeKersfees.

André Rieu: Christmas down under: Live from Sydney

24 Desember 21:00 op kykNET

25 Desember 20:00 op kykNET NOU!

Sluit by André Rieu aan vir ‘n onvergeetlike aan van musiek en dans, met die wêreldklas sopranos, The Platin Tenors, wat saam hom optree. Dié opvoering is opgeneem by die Sydney Town Hall.

Groote Kerk: Kersuitsending

25 Desember 08:30 op kykNET&kie

‘n Diens met kersliedere vir die hele gesin om Kersfees saam te vier. Met die Filharmoniese Koor van Kaapstad, Stadskoor Tygerberg en Groote Kerk Kamerkoor.

Kiekies: Lucas se liedjies

29 Desember 10:30 op kykNET en kykNET NOU!

Jannie du Toit bied saam met die briljante musikant en sanger Thean ’n huldeblyk aan Lucas Maree. Hulle herontdek sy verbeeldingryke kyk na die lewe en laat die gehoor met persoonlike staaltjies iets beleef van sy uitsonderlike menslikheid en kreatiewe gees.

Die Krone 6 konsert

31 Desember 21:00 op kykNET

Krone is die grootste saamsing konsert in Suid-Afrika, waar die gehoor die kans kry om die treffers van onstydte “bekroon” terwyl dit lewendig opgevoer word deur van SA se bekendste kunstenaars. Hierdie byeenkoms is gevul met ononderbroke musiek van begin tot einde, waar oud en jonk vermaak word met al die treffers van ons tyd! Met kunstenaars, soos Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Elizma Theron, Brendan Peyper, Robbie Wessels, Elandré en Refentse.

Soweto String Quartet, Anton Goosen &vriende

31 Desember 21:30 op kykNET&kie

Madiba se gunsteling groep, die wêreld bekende Soweto String Quartet asook die Liedjieboer, Anton Goosen het onderskeidelik groot spore in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld getrap.  Legendariese sangeres, Sonja Herholdt wie ‘n lang musiekpad met die Liedjieboer stap; die veelbekroonde sangeres en televisie-aanbieder, Lynelle Kenned asook die talentvolle rymkletser, Early B kan ook gesien word in hierdie geskiedkundige optrede.

Related posts