Francois se nuwe enkelsnit video, Ewewig word vandag vrygestel.

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Nadat Francois die enkelsnit vir Ewewig vroeër die maand vrygstel het, volg hy dit op met ‘n gepaste video. In die visuele era is dit belangrik om nie net musiek vry te stel nie, maar ook om vir mense iets te bied wat hulle op skerm kan beleef.

Die video is in Pretoria verfilm en geredigeer deur Surika Crafford van Crafford Productions. Die agter-die-skerms foto’s is geneem deur JC Crafford.

Dit bestaan uit twee dele, naamlik beeldmateriaal wat in die atlejee verfilm is, afgerond met beligting en kontras. Asook ander buitelig tonele wat op verskeie plekke buite Pretoria op kamera vasgevang is.

“Daar het ‘n reuse storm op die dag van verfilming in Pretoria gebroei, dit het ons planne so amper in die wiele gery, maar die spesifieke weersomstandighede het toe gesorg vir pragtige natuurlike lig en prentjie-mooi wolke.” 

Youtube link! 

Ewewig video krediete:

Produksie: Crafford Productions – www.craffordproductions.com / 0741334755

Regisseur, kinematografie & redigering: Surika Crafford

Agter-die-skerms foto’s: JC Crafford

Related posts