Fiëstas: ‘n dekade word in 2020 gevier

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

In 2020 word die tiende kykNET Fiësta-toekennings gevier. Dié geleentheid is ‘n inisiatief om die beste werk van die afgelope feesjaar te vereer. Debuutproduksies op die land se ses grootste vervaardigende Afrikaanse kunstefeeste – US Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees en Aardklop – kom in aanmerking vir dié gesogte pryse.

Hier is die benoemings vir doe 10de Fiëstas. Die 10de kykNET Fiësta-toekennings sal op Sondag 9 Februarie 2020 in Kaapstad toegeken word tydens ‘n regstreekse uitsending wat op kykNET DStv-kanaal 144. Benewens die benoemings kan die publiek ook vanaf 13 Desember – 13 Januarie vir hul gunsteling fees stem op die kykNET webblad.

Beste akteur

Albert Pretorius – Tien duisend ton

André Roothman – Koningin Lear

Brendon Daniels  – Queenie-hulle

Laudo Liebenberg – Katvoet

Beste aktrise

Antoinette Kellermann – Koningin Lear

Cintaine Schutte – Tien duisend ton

Jill Levenberg – Queenie-hulle

Tinarie van Wyk Loots – Katvoet

Beste manlike byspeler

Edwin van der Walt – Koningin Lear

Jaques de Silva – Queenie-hulle

Marius Weyers – Katvoet

Wilhelm van der Walt – The Borrow Pit

Beste vroulike byspeler

Anna-Mart van der Merwe – Koningin Lear

Devonecia Swartz – Jakkals en Wolf Onbeperk

Nicola Hanekom – Be(t)roudag

Rolanda Marais – Koningin Lear

Beste regie

Brett Bailey – Samson

Christo Davids – Queenie-hulle

Marthinus Basson – Koningin Lear

Nico Scheepers – Tien duisend ton

Beste teaterontwerp

Brett Bailey (kostuums) – Samson

Brett Bailey en Tanya P. Johnson (kunswerke en ontwerp) – Samson

Marthinus Basson (teaterontwerp) – Koningin Lear

Wolf Britz (stel- en beligtingsontwerp) – Statements After an Arrest Under the Immorality Act

Beste spel in ‘n solo-vertoning

Chris Vorster – Die Hart Verklap

Cintaine Schutte – Die dinge van ‘n kind

Craig Morris – Johnny Boskak voel ‘n bietjie …

Sandra Prinsloo – Kamphoer – Die Verhaal van Susan Nell

Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks

Christo Davids en Lloyd Davids – Queenie-hulle

Herschelle Benjamin – In Slavenhuis 39

Malan Steyn – Jakkals en Wolf Onbeperk

Retief Scholtz – Die voordele van eierwit

Beste opkomende kunstenaar

Cantona James – In Slavenhuis 39

en Jakkals en Wolf Onbeperk

Emma van Heyn – Met slenterslag na Sjanghai

Jane Mamotse Mpholo – The Island

Nombulelo Yende – La Serva Padrona

Wian Taljaard – Jakkals en Wolf Onbeperk

Beste prestasie in klassieke musiek 

Bongani Kubheka en Nombulelo Yende – La Serva Padrona

Camerata Tinta Barocca onder leiding van Erik Dippenaar – Glorious Baroque

Charl du Plessis – Solo

José Dias – Hulde aan Nellie du Toit

Bestse prestasie in visuele kuns

Abrie Fourie en Harrie Siertsema – Verf dit Swart (Paint it black)

Banele Khoza – Seeking Love

Cedric Nunn – Blood Relatives

Jean Theron Louw – My Afrika-wildehonde

Beste musiekgedrewe produksie: Buitelug

kykNET Rock Nou!-konsert

kykNET Verjaardagkonsert (kykNET-verjaardagkonsert)

Soweto String Quartet ontmoet Loki Rothman

Toe ek 20 was

Beste musiekgedrewe produksie: Podium

ALTEmit Acapella

Amanda Strydom – Miss Mandy

Eet Kreef!

My land, my klank

Beste musiekgedrewe produksie: Teater

Jakkals en Wolf Onbeperk

Nataniël: Anthem

Samson

Woorde op Akkoorde

Beste aanbieding

Katvoet

Koningin Lear

Queenie-hulle

Samson

Tien duisend ton

Beste duo of ensemble

Die intermissie

Jakkals en Wolf Onbeperk

Queenie-hulle

The Island

Beste vertaling of verwerking van ‘n bestaande werk

Antjie Krog – Koningin Lear

Cecilia du Toit, Lara Foot en Sandra Prinsloo – Kamphoer – Die Verhaal van Susan Nell 

Francois Toerien  – Die dinge van ‘n kind

Nico Scheepers – Tien duisend ton

Die Fiësta-toekenings word op Sondag 9 Februarie in Kaapstad oorhandig. Die toekenningsaand gaan regstreeks op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai word.

https://kyknet.dstv.com/news/hier-is-die-benoemings-10de-kyknet-fiestas?utm_source=mn_facebook&utm_medium=cpc&utm_campaign=kn_fiestas&utm_term=post&utm_content=hierisdiebenoemings&fbclid=IwAR1p4fg-pL5sOXZVyggwtA3XjILeLa8oZpwYLj2vzqYmT4HBxkkdrSdRcnM

Related posts