Deon Groot se Hemelpoorte, ‘n kragballade wat jou diep gaan tref!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

“As die Hemelpoorte voor my oop moet gaan

Is jy die laaste een wat langs my staan

Jy’s die een wat ek vertrou

Jy’s die een waaraan ek klou

Verstaan die dieptes van my oseaan…”

Deon Groot se unieke stem sny regdeur ’n mens se siel en die lirieke van sy nuutste enkelsnit, HEMELPOORTE tref diep tot in jou hart. Sy stem is bloot in ’n ander klas en kyk jy na die musiekvideo, wat deur GVR Productions vervaardig is, kan jy nie help dat die trane onwillekeurig oor jou wange rol nie! 

Kyk die video hier: http://www.youtube.com/watch?v=sOV_lCVROG8

HEMELPOORTE is ’n kragballade, uit sy eie pen, wat hom na aan die hart lê en gaan oor daai één groot liefde met wie jy jou lewe deel. Daar word voorspel dat hierdie Deon se grootste treffer nóg sal wees.

HEMELPOORTE is ’n manlike liefdesballade vir my toekomstige vrou,” verklap hy. “Toe ek dit geskryf het, het ek gaan sit en dink hoe ek eendag graag oor die groot liefde van my lewe wil voel wanneer ek haar vind en watter tipe man ek vir haar wil wees. Dit is my hartslied oor wat ek voel liefde moet wees en ek glo dat daar baie mense is wat daarby sal aanklank vind.”

Hierdie lied verskil hemelsbreed van sy vorige enkelsnitte en wys sy dieper kant as liedjieskrywer, storieverteller en sanger vir die publiek. “My vorige musiek gaan oor kuier en goeie tye, so hierdie is iets heeltemal anders,” sê hy. “Dit beskryf wat ons verwag van die liefde, maar ook oor wat ons kan bereik met God in ons liefde saam. Daarom beklemtoon ek ook Bybelse eienskappe in die lirieke – soos salf aan die deurkosyne om ons huis saam te seën. Dit is vir my sinoniem van wat ’n verhouding moet wees en hoe ’n paartjie saam moet groei saam in die oë van God.” 

Die musiekvideo speel af in ’n boshuis. Dit vertel die storie van ’n man (gespeel deur Deon self) wat die nuus ontvang dat hy nie ’n nierskenker kon kry nie en dat hy net ’n paar dae oor het om te leef. In plaas daarvan om vir sy vrou (Lujuan Mzyk) te vertel, maak hy die beste van die tyd wat hulle nog saam het. “Aan die einde, neem dinge ’n onverwagse wending…”, deel die sanger. 

Luister en kyk jy na HEMELPOORTE verstaan jy waarom Deon Groot die afgelope paar jaar regoor die land harte wen en homself as een van Suid-Afrika se gewildste sangers kom vestig het. Dit is sy eerlike en opregte aanslag tot musiek en die lewe, sy hoendervleismooi storievertellerslirieke en sy diep stem wat die wenbestanddele is wat hom so gewild maak onder sy aanhangers en wat hom nog vir baie jare in die musiekbedryf gaan hou.

HEMELPOORTE is ’n liedjie oor ’n man wat kan opstaan en sê hy is lief vir sy vrou. Ek kan nie genoeg beklemtoon hoe baie dit vir my beteken om dié boodskap met almal te deel nie,” sluit hy af. 

HEMELPOORTE is beskikbaar op Deon se album wat op alle digitale platforms hier verkrygbaar is:  https://umgafrica.lnk.to/deongroot

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/deongroot/

Instagram: @deongroot

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee – PUBLICIST

Related posts