Dozi – Nuwe Album oppad!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Dozi se 19de album sal reeds in April 2020 beskikbaar wees. Dit sal ‘n gestroopte Afrikaanse album wees wat skitter van akoestiese sjarme en ‘n rou eerlikheid wat die fokus opnuut op Dozi se meesleurende stem sal plaas.

Met sy nuwe album, keer Dozi terug na ʼn baie belangrike aspek van sy jare lange suksesse, daai eerlike opregte musiek. Dit waarvoor hy bekendheid verwerf het. Sy jare lange medewerker, die liedjieskrywer, tromspeler en sanger Stef Kruger, wat weer van die liedjies gaan skryf , kan luisteraars verseker wees van ‘n hand vol treffers wat op dié album gaan kom. Dozi gaan self op hierdie album ʼn paar komposisies skryf wat gaan sorg vir heelwat hoendervleis verrassings. Vir sy nuwe album het Dozi Tertius Human gevra om die produksieleier te wees. Tertius is veral bekend vir sy treffer albums wat hy opgeneem het vir Jan Blohm, Juan Boucher, , ensovoorts.

https://www.youtube.com/watch?v=RyeIfMxcA_s

Dozi (Henk Opperman) – Die lang man met sy rasper stem, sy talentvolle ghitaarspel, sy databasis met legio liedjies is seker een van Suid-Afrika se gewildste sangers.

Dozi het die laaste paar jaar ook bewys hy is ʼn goeie entrepreneur/ besigheidsman , “back to the roots” en die “back to the blues” is twee besighede wat Dozi met baie passie opgebou het tot ʼn suksesvolle ondernemings. Sy eerste passie is en was nog altyd musiek, hy voel die tyd is nou reg om weer die lang paaie aan te durf. “ Ek bring nuwe en ou musiek, is baie opgewonde en het verskriklik baie verlang na sy jare lange vriende en aanhangers”.  Sien julle op die pad

Vir meer inligting kontak danell@vonkmusiek.co.za of op ons landlyn skakel 011 823 1771


Danell Grobler

Related posts