Moffie se fliekweergawe van “Sugar Man” na radio uitgereik!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Toenemende aanvraag het die span agter bekroonde regisseur Oliver Hermanus se nuutste aflewering, MOFFIE, aangespoor om die fliek se herskepping van “Sugar Man” vandag na radiostasies landwyd uit te reik – presies ’n maand voor die fliek se Suid-Afrikaanse silwerskerm-debuut op 13 Maart.

“Die hele ervaring is wonderlik, onwerklik,” sê Rebekah Thompson, die sanger met die ryk alt-stem wat die musiekvervaardiger Ben Ludik gekies het om Rodriguez se geliefde lied te laat herleef. “Dit het alles so vining gebeur en ek het vir seker nooit gedink dat dit hier (op radio) sou opeindig nie. Ek kan nie glo dat (die weergawe van) ‘Sugar Man’ op radio gaan speel nie.”

Die storie van ’n jong dienspligtige wat die alledaagse wreedheid van die weermag in die 1980’s tydens apartheid in Suid-Afrika probeer oorleef, is deur resensente wêreldwyd geloof sedert die premiere by die Venesiese Filmfees in September verlede jaar. MOFFIE is gegrond op die gelyknamige memoir deur André-Carl van der Merwe, en vervaardig deur Eric Abraham en Jack Sidey, met mede-vervaardiging deur Theresa Ryan-Van Graan.

Kyk die lokprent hier:  https://www.youtube.com/watch?v=sr4SaDufN5o&t=4s

“Ek voel geëerd om deel van MOFFIE te wees,” voeg Thompson by. “Ek dink dit is ’n storie wat Suid-Afrika nodig het om te hoor en te sien. Ek sien uit na die Suid-Afrikaanse uitreiking aanstaande maand.”

Hermanus se plan was aanvanklik om die regte te bekom om Rodriguez se oorspronklike weergawe van die lied in die fliek te gebruik. “Dit was ons groot hoop om ‘Sugar Man’ in MOFFIE in te sluit,” sê Hermanus. “Ons het dit eers as deel van die karakters se storiewêreld gehad, maar later het ek begin speel met die idee om ons eie weergawe van die liedjie vir die klankbaan te skep. Ons is baie gelukkig dat ons die regte bekom het, asook die geleentheid om die liedjie te herskep,” voeg hy by.

Hermanus het toe na Ludik uitgereik. Ludik het onder meer die klankbaan vir een van Hermanus se ander flieks, Skoonheid/Beauty, behartig. “Ek glo Oliver het besluit om ‘Sugar Man’ in MOFFIE in te sluit omdat dit ’n lied oor ’n hunkering na ontsnapping is – soortgelyk aan die fliek se hoofkarakter, Nicholas (Kai Luke Brümmer) se ervaring. Die liedjie het ’n spesiale stem nodig gehad om daardie broosheid en hunkering weer te gee.” Thompson se stem, glo hy, is nommerpas.

“Die eerste keer wat ek Rebekah se stem gehoor het, het ’n donker toon in haar stem my getref – ’n hunkering na die beroemde alt-stemme van die 80s,” sê Ludik. “Dit voorsien die perfekte kontras vir dit wat ek met MOFFIE se weergawe van ‘Sugar Man’ wou bereik.

Sedert die vrystelling van die fliek se lokprent – waarin Thompson en Ludik se onuitwisbare voordrag speel – in Desember verlede jaar, het “gehore reg oor die wêreld gevra waar hulle ’n kopie van dié weergawe kan kry,” verduidelik Hermanus die redevoering vir die lied se uitreiking. “Dit is regtig wonderlik om dit vandag met die wêreld te deel.”

Ludik voeg by: “Uit die verskeie redes agter die lied se uitreiking, voel ek die sterkte oor die grinterige ondertone ­– ’n gevoel wat jou kan terugneem na die 80s-era waarin die liedjie juis so gewild was. Die liedjie is nie suikersoet in ons interpretasie daarvan nie, en ek dink dit is belangrik om ook op die donker dele van ons herinneringe te let.”

MOFFIE se rolverdeling sluit Kai Luke Brümmer, Hitlon Pelser, Matthew Vey, Stefan Vermaak en Ryan de Villliers in. Eric Abraham en Jack Sidey is die vervaardigers met Theresa Ryan- van Graan as mede-vervaardiger.

SOCIAL MEDIA SKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/MoffieFilm/

Instagram: @MoffieFilm 

Twitter: @MoffieFilm 

PUBLISITEIT & BEMARKING

STARBURST PROMOTIONS

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za

Related posts