Luister en kyk jy na HEMELPOORTE verstaan jy waarom Deon Groot die afgelope paar jaar regoor die land harte wen en homself as een van Suid-Afrika se gewildste sangers kom vestig het. Dit is sy eerlike en opregte aanslag tot musiek en die lewe, sy hoendervleismooi storievertellerslirieke en sy diep stem wat die wenbestanddele is wat hom so gewild maak onder sy aanhangers en wat hom nog vir baie jare in die musiekbedryf gaan hou.
Olka Bolka E-Tydskrif het bietjie met Deon Groot gesels om meer oor hom uit te vind. Hier is ook ‘n paar “Agter die skerms” fotos toe sy nuwe enkelsnit HEMELPOORTE geskiet is.
Waar is jy gebore en het jy grootgeword?
Eks gebore in Omaruru in die Namib, maar het maar tussen Kriel, Mpumalanga en Alexanderbaai, Namakwaland groot geword. Meer en deel maar my menswees begin skep in die laasgenoemde wêreld met hul stories vertel en menswees.
Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?
Ek het gaan studeer in die Kaap as Siviele ingeneur…maar deur die jare besef ek’s aangeskroef vir iets anders…asof my wese hunker na dit waarin ek tans is. Stories vertel en musiek maak.
Vertel my van jou nuutse enkelsnit?
My nuuste snit is Hemelpoorte vanaf my selfgetitelde album, Deon Groot. Dit alles handel oor die liefde en wat n persoon vir jou moet wees of jy vir hul. Dis die mooi van vior mens die hemelpoorte invaar en hoe jy die lewe moet ervaar saam die een persoon wat jou ken binne en buite.
Skryf jy self jou liedjies?
Ek’s self doening met die lirieke, dit is hoe ek my stories vertel en met dit my kortvehale beste kan uitbeeld. Om deel te wees van iets moet jy eg wees en dit as storie skrywer nog meer voel ekke.
Wanneer is jy op jou gelukigste?
Ek’s die gelukigste wanneer ek tuis is met vriende by die see of in die bos. Rustig met vuur en kitaar en musiek maak. Niks beter as bietjie van al daai gemeng nie.
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek dink mens het meer as ‘n dop nodig om dit te beskryf. ‘N egte hartsmens wat glo in dinge en drome waarheen mens moet bou en streef. Ek’s iemand wat die mooi in die wêreld raaksien maar die slegte ook kan aanspreek waar nodig. Die wêreld word gesien vir my as perfek…dit hang af hoe jy elke dag aanpak en dit deel maak van wie jy is. Elke ding leer en maak mens sterker en beter. Goed of sleg. ‘N dromer en realis wat streef na die mooi.
Waarna luister jy en hoekom?
Ek luister modern country juis oor hul lirieke en sterk klanke wat nerens elder gevind kan word nie. Woorde en skryfstyl is vir my baie belangrik want dit bepaal hoe ryk jou menswees is.
Som jou musiekstyl in een sin op?
‘N Namakwalandse country, rock met n pop geurtjie…😉
Watter invloed wil jy hê moet jou musiek op mense het?
Ek wil mense weer terug bring na mooi lirieke en klanke waar alles nie gaan oor “die beat” nie maar n mooi skryfstyl en melodiee wat lekker is om na te luister en waarde het…
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek’t ‘n slang….n twee meter een. Lol, dis n green tree python vanuit die papau nieu guinea eilande wat n boomspesie is met die naam Caimera. Sys die trofee in die huis…so as jy nie van slange hou nie moet jy defnitief nie kom braai nie.
Waarmee is jy op die oomblik besig?
Ek’s tans besig met n toer…oppad magikeng toe vir n optrede in die rugby saal doerso waarna ons by Dozi se Back to the Roots heen gaan vir n optrede daarso so tussen deur liedjies maak met my band in die bussie…vir die volgende album natuurlik en nommer een hit. Ha ha ha ha
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Ek sien my toekoms bestrooi met waardevolle familie soos ek toer en nuwes maak wat deel maak van die Deon Groot klanke. Daars niks beter as familie en musiek nie. So vir my is dit dit en natuurlik n tv program op n kol van my eie…
Wat inspireer jou?
Inspirasie is die mooi wat ek sien in mense. Die lelikes is die wat oor socials maar hulle monde en woorde dik maak maar nie besef hoe hard mens werk om erens te kom nie. So die mooi wat ek wel sien en hoe die mense saam my stap inspireer my om nog beter te wees word en doen!!!!
As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?
Dit sal wees iemand soos lady antebellum oor hulle mooi lirieke en melodiee. Hulle vertel stories wat die hart raak.
Wat is jou gunsteling:
Tipe Musiek modern country
Sanger: Daughtry en Luke Combs
Sangeres Kelly Clarkson
Band: Hootie and the blowfish
Gunsteling liedjie : Gods country, Blake Shelton
Rolprent : Shutter island en inception
Akteur: Leonardo Di Caprio en Denzel Washington
Aktrise: Catherine Zeta Jones
TV reeks en karakter: WWE Randy Orton, lol
Reeks : The walking dead
Kos en drankie: steak steak steak en Belgravia se pink gin
Ontspanning: braai en visvang by die see op my bootjie daar
Boek: tel instagram posts?
Vakansie bestemming: Hartenbos en Franskraal
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
rondneuk mense hetsy dit is besigheid of socials
Chick peas
Die Engeland rugby en krieket span
Swak musiek 🤣😂😉
HEMELPOORTE is beskikbaar op Deon se album wat op alle digitale platforms hier verkrygbaar is: https://umgafrica.lnk.to/deongroot
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/deongroot/
Instagram: @deongroot
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za