
Lefra Produksies se Frans Swart
het onlangs ‘n eienaardige mediese toestand ervaar wat dieselfde simptome
getoon het as ‘n beroerte. Swart is onmiddellik in die intensiewe
eenheid van die Netcare N17 Hospitaal opgeneem waar dokters hom behandel
het. Hy is egter na twee dae uit die hospitaal ontslaan.
Na verdere toetse deur die internis, dr Hans Roos, by die Waterfalls Hospitaal
en ‘n volledige MRI-skandering, is daar vasgestel dat mnr Swart hoegenaamd nie
‘n beroerte of bloedklont deur die brein gehad het nie. Dr Roos sê die
toetse het duidelik aangedui dat die mediese toestand moontlik deur ‘n vorige
trauma op die kop veroorsaak kon gewees het en dat daar daardie spesifieke aand
moontlik drukking op die brein kon gewees het. “Ons het baie seker gemaak
en kon baie duidelik sien dat mnr Swart geen skade oorgehou het
nie.” Swart sê die enigste vorige trauma aan die kop waaraan hy kon
dink, kon moontlik gewees het ‘n paar jaar gelede toe hy en sy gesin in
‘n gewapende roof oorval was. “Jong, hulle het daardie aand my baie hard
met hulle pistole se kolwe oor die kop gemoker,” sê Swart glimlaggend.
Swart is baie verlig oor hierdie uitslag. “Alle eer kom aan my Here toe,”
sê hy, “want as mens in so ‘n situasie is, besef jy maar net hoe klein is die
mens.” Hy wil ook graag al die mediese personeel van die N17 hospitaal
sowel as die Waterfalls Hospitaal bedank. “Almal in die hospitaal was so
goed vir my. Dan wil ek ook graag vir drs Van der Merwe, Matshana en Roos
bedank vir hulle oorgawe aan my as pasient. Baie dankie ook aan my familie,
personeel, familie, vriende, die NG Kerk Springs-Oos, die
vermaaklikheidsbedryf en gemeenskap wat my in die moeilike tyd gedra het!”
Swart se hy is “boots en all” terug by die werk en “… ons is sommer hard besig
om te beplan aan opwindende Produksies vir die jaar! Onthou SMOKIE is
oppad – so kry julle kaartjies vinnig by Computicket!” skerts hy.
UITGEREIK DEUR LEFRA PRODUKSIES
MEER INLIGTING:
CHARL SENEKAL – BEMARKINGSBESTUURDER
LEFRA PRODUKSIES
TEL: (011) 815 3000 EPOS: admin@lefra.com
MEDIA RELEASE:
2020-02-14
EMBARGO: NONE