Uit die pen van Cary Solomon en Chuck Konzelman, die skrywers en medevervaardigers van God’s Not Dead, kom ‘n film wat die mees kontroversiële en polariserende onderwerpe van ons tyd aanspreek; aborsie. Na tientalle aanlyn petisieveldtogte span Downtown Entertainment en TruthTV kragte saam om vanaf 28 Februarie 2020 Unplanned in uitgesoekte Ster Kinekor teaters in Suid-Afrika, Namibië en Zambië te wys.

Die film Unplanned is ‘n inspirerende ware verhaal van een vrou se reis van transformasie.
In die eerste 5minute van die film ontmoet ons Abby en haar gesin. Al wat Abby Johnson (gespeel deur Ashley Bratcher) ooit wou doen, was om vroue te help. Sy is een van die jongste direkteure vir die beplanning van ouerskapklinieke in Amerika wat tallose vroue raad gee oor hul voortplantings- en ouerskapkeuses. Haar passie rondom die reg vir ‘n vrou om te kan kies, spruit uit die feit dat sy self as jong vrou baie seer verwerk en keuses moes maak wat haar goeie voorbereiding sou bied vir die rol wat sy in ander vroue se lewens sou vertolk. Abby het beide kante van die aborsiegesprek verstaan en was subjektief by meer as 22 000 aborsies betrokke… tot een dag en ‘n eerstehandse ervaring in ‘n teater wat tot lewensveranderende nagevolge lei.
Minuut 7 van die film Unplanned merk diebegin van transformasie vir ‘n vrou wat nooit weer dieselfde sou wees nie. In so mate dat sy haar lewe en reputasie op die spel plaas om as passievolle en ywerige pro-lewe woordvoerder op te staan en die wanbegrip van aborsies en lewe te verander.
Unplanned word deur resensente en kritikuste beskryf as; ‘n eerlike verhaal met skokkende feite wat nie geignoreer kan word nie en persepsies sal skud.
Klik op die skakel en kyk na die lokprent van UNPLANNED:
Hierdie “eerlike verhaal met skokkende feite wat nie geignoreer kan word nie”, word 28 Februarie vrygestel in ‘n teater naby jou!