Jy kan nog inskryf vir Ster-Status, seisoen 2!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

As jy verlede jaar Apprentesses SA se werklikheidsprogram, STER-STATUS, op VIA (DStv-kanaal 147) gevolg het en wil deel wees van vanjaar se aksie, is dit nou jou kans… maar dan moet jy gou spring, want inskrywings sluit op 28 Februarie 2020!

Hierdie program is die eerste van sy soort in Suid-Afrika en gee lewe aan jong vroue se droom om ’n lewe in die kollig te hê deur hulle aan die vermaakbedryf bekend te stel.

Verlede jaar se twaalf finaliste moes deur werkswinkels, opleidingsessies en verskeie uitdagings werk, voordat Jaenette Jacobs van Pretoria uiteindelik as die wenner gekroon is… en volgens haar was sy nog nie een dag spyt nie.

“My deelname aan STER-STATUS het my nie net meer oor myself geleer nie, maar ook om anders te kyk na die mense wat my pad kruis. Dit het my laat besef dat jy nooit moet ophou droom nie en dat jy die vrugte sal pluk van dit wat jy insit,” deel dié pragtige brunette, wat al sedert haar oorwinning in drie musiekvideo’s verskyn het, waaronder Snotkop en Ricus Nel se gewilde treffer Boerepompie, die hoofrol vertolk het in ’n Paintmaster-advertensie, op die stel van Getroud Met Rugby gekuier het en deesdae ook ’n handelsmerkverteenwoordiger vir Wildebees se klerereeks is.

Van die ander deelnemers wat ook reeds groot sukses behaal het, sluit in Theresho Makwiya wat nou die gesig is van Landine Professional; Jean-Marie Viljoen en Michélle Mostert wat ook rolle in musiekvideos gekry het; en Natalene Makhubo wat ’n wimperkursus by Flirt Lash & Beauty losgeslaan het.

Jaenette gaan natuurlik ook die aanbieder van die volgende seisoen wees en sien baie uit na die geleentheid. “Dit is vir my ’n groot voorreg om deel te wees van die volgende seisoen. Ek sien vreeslik uit na hierdie hoofstuk in my loopbaan en om my kennis te verbreed vir as ek dalk eendag weer as aanbieder voor die kamera verskyn,” sê sy.

Volgens Tarien Cronjé, stigterslid en uitvoerende direkteur van Apprentesses SA, gaan vanjaar se program nog meer opwindend wees as in 2019. “As gevolg van die sukses van laasjaar se produksie, is dit vir ons ’n groot voorreg om aan te kondig dat die program vanjaar groei van ses episodes tot dertien episodes! As gevolg hiervan het ons ’n motorwedren-uitdaging, asook die opname van ’n kortfilm, bygesit om die deelnemers en die bedryf uit te daag en dinge nóg meer opwindend te maak,” verklap Tarien.

“Dis ’n voorreg om ons konsep-idee te kon groei na ’n volle televisiereeks. Ek sien regtig uit om nog dames te bemagtig, sodat hulle die verskil in hulle eie lewe kan raaksien en op hulle beurt weer hulle eie gemeenskappe positief kan beïnvloed. Ons is opgewonde oor wat die toekoms inhou vir die platform en die verskillende geleenthede, wat nog gaan bykom, wat ons voortaan vir al die dames sal kan bied.”

2020 se wenner (2021 se aanbieder) sal natuurlik bederf word met alles wat sy mag nodig hê gedurende haar wenjaar, soos velsorgprodukte, velbehandelings van Aesthetica, haarsorg van Dimension Hair, Haarprodukte van Sexy, behandelings by Flirt Lash & Beauty, rokke van Kyna Consili, tandsorg van The Dental Spa, slaapklere van OKgrl Fashion, grimering van Frisk Makeup, oefenpakkette, klere van Wildebees en meer. Sy sal ook die geleentheid kry om funksies by te woon – waar sy rolspelers in die bedryf kan ontmoet, in musiekvideo’s te speel, in tydskrifartikels te verskyn en om ’n fotosessie in New York te doen.

Oudergewoonte, sal verskeie bekendes (David Konrad, Pamela Niemand, David Nelson, Octavia Ephraim, Marilize Coetzee Photography, Elsubie Verlinden) hulle kennis deel gedurende die program en drie behoeftige skooltjies sal baat by die groentetuin-liefdadigheidsprojek, wat die deelnemers saam met Starke Ayres gaan aanpak. 

Die wenner sal in September, tydens ’n glansgeleentheid, aangekondig word. “Vanjaar gaan ons ook ’n premiére vir die program hou om dit aan die media bekend te stel en ons is ook in die proses om ons eie liedjie te skryf, wat baie opwindend is,” voeg Tarien by. Innovative Trophies & Silverware is ook besig om unieke troffees vir die platform te ontwerp én ons gaan vir een gelukkige kyker ’n splinternuwe kar gee!”

Inskrywingsvorms en meer inligting, is beskikbaar by www.apprentessessa.co.za. Daar word altyd gesê: “Wie nie waag nie, wen nie.” So as jy graag jou stempel op die samelewing wil afdruk en al jou kolligdrome wil waar maak, neem nou die eerste stap!

“As jy besluit om deel te neem, weet dat dit soms moeilik gaan raak om al die balle in die lug te hou, veral as jy nog jou gewone werk ook moet doen elke dag. Leer om te fokus op die goed wat werklik belangrik is. Ken jou ware identiteit en besef dat jy goed genoeg is, net soos wat jy is. Werk hard vir die titel, en weet dat dit nie ’n skoonheidstitel is, maar wel ’n werkende titel,” sê Jaenette.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/Apprentesses/

Instagram: @apprentessessa

Webblad: www.apprentesses.co.za

Hutsmerke: #sterstatus #viatv #apprentessessa

PUBLISITEIT EN BEMARKING

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS
Jacques Perie – ADMINISTRATION

Related posts