Jezelle word eerste sangeres om te sing terwyl sy valskerm spring vir nuwe musiekvideo

Min was Jezelle bewus dat sy besig is om geskiednis te maak toe sy besluit het om op meer as 10,000 voet uit ‘n vliegtuig te spring en in kamera te sing terwyl sy aarde toe val. Hierdie waaghalsige video opname is deel van Jezelle se nuwe musiekvideo vir haar nuwe treffer getiteld “Lig jou voete op”.

DCIM\100GOPRO\G0035035.

“Lig jou voete op” is ‘n opgewekte maar inspirerende liedjie wat sy geskryf en op ‘n paar konserte gesing het om die water te toets.  Die reaksie van die gehoor op hierdie splinternuwe liedjie was oorweldigend.  Mense van alle ouderdomme sing sommer van die eerste keer wat hulle die liedjie hoor reeds saam. Maar wat hierdie liedjie laat uitstaan het is die bewegings wat die gehoor spontaan begin doen terwyl sy sing. Vir die snaaksigheid begin almal hulle voete op allerhande skreeusnaakse manier ‘oplig’. “Dit is duidelik groot pret… en net soveel pret om te aanskou”, vertel Jezelle met ‘n glimlag.

Dit is egter die valskermspring wat tans die meeste aandag trek.  “Ek het geen idee gehad dat dit soveel aandag gaan trek nie”, vertel Jezelle. “Ek het ontsettend bang in Swakopmund op die luhawe op die grond gestaan en kyk hoe my man vir die eerste keer uit ‘n vliegtuig spring vir ‘n ander TV opname. Op daardie oomblik het ek nie gedink dat ek dit ooit sou doen nie. Die idee om so ‘n sprong in die video van “Lig jou voete op” te gebruik het wel by my opgekom maar dit was eers toe my man later voorstel dat ek moet sing terwyl ek grond toe daal dat ek besef het hier lê dalk ‘n avontuur voor. ‘n Week later was dit my beurt.”

Die voorbereiding vir die sprong asook die sprong van die grond af beskou is ge-‘live stream’ op facebook, waarna ‘n aksiebelaaide opsommingsvideo van die sprong ook geplaas is. Jezelle vertel hoe verbaas sy was toe die mense in hulle honderde begin inskakel het om die voorbereiding vir die sprong te kyk. Die kyke het vinnig in die duisende begin draai en klim steeds. 

Jezelle is uiters lief vir die dorp Swakopmund in Namibië, wat ook onlangs die dorp van die jaar kompetisie gewen het. Jezelle spandeer baie tyd by Atlantic Villa in Swakopmund waar baie van haar liedjies ook geskryf word. Vanaf Atlantic Villa vind daar geweldig baie aktiwiteite plaas wat insluit van 4×4 in die woestyn, dolfyn-bootritte en vele meer. Die valskermspring is een daarvan. “Dit is ‘n sameloop van dinge wat hierdie opwindende projek moontlik gemaak het vertel sy”.

Jezelle vertel dat die span uiters professioneel was en dit vir haar so gemaklik as moontlik gemaak het. “Dit bly maar ‘n scary ding om te doen”, vertel sy. “Derick was die ervare man wat saam met my gespring en my lewe in sy hande gehad het. Hy het seker gesien ek is baie bang. Hy het op ‘n stadium kalm vir my gesê dat ek nie hoef bekommerd te wees nie want hy het ook self kinders by die huis na wie toe hy wil teruggaan na die sprong. Dit het my baie beter laat voel.”, vertel Jezelle. “Daar het kamera manne saam met my gespring en van alle kante af afgeneem. Ek het self ook ‘n kamera aan my vasgemaak gehad waarin ek gesing het”, vertel sy verder.

Die video van die opwindende sprong is te sien op @Jezelle se facebook blad. Die deel waar sy sing word egter vir eers geheim gehou en sal binnekort as deel van die musiekvideo vrygestel word.

Die algemene gevoel van die boodskappe van haar aanhangers op facebook beklemtoon hoe dapper sy was om hierdie opname op hierdie manier te doen. Dit is voorwaar iets om op trots te wees.

Hierdie lied maak deel uit van ‘n baie besonderse album wat binnekort vrygestel sal word. ‘Lig jou voete op’ is ‘n inspirerende lied wat lekker dans en ook vertel hoe die lewe ‘n lied is, hoeveel daar is om voor dankbaar te wees, en hoe voluit ons elke dag moet leef’, vertel Jezelle.

Byna drie jaar gelede het Jezelle behoorlik die internet aan die gons gehad toe ‘n onvoltooide weergawe van haar musiekvideo getiteld ‘Suidwes’ uitgelek het en soos ‘n veldbrand begin versprei het. Binne enkele ure het meer as 150,000 mense die video begin kyk. Die res is geskiedenis. Van daar af het die video soortgelyke kyke behaal op verskeie platforms en het gesamentlik al meer as ‘n miljoen kyke sonder dat die liedjie al op ‘n album verkyn het of enigsins bemark is.

 Jezelle toer Suid-Afrika en Namibië plat en is uiters populêr op veral feeste. Haar musiek is opreg uit haar hart. In haar eie woorde sê sy haar musiek is ‘vir ons mense’. Daarom behoort dit ook die komende album se titel te wees. Die aardsheid en opregtheid van haar musiek maak haar geliefd onder aanhangers wat reeds haar musiek gehoor het.

Dit is belangrik om nie doekies om te draai nie. Daar is nog baie waar hierdie een van kom, maar ek stel hierdie liedjie vry omdat ek die mense wat my so getrou ondersteun wil beloon met ‘n nuwe liedjie met ‘n positiewe boodskap.’, vertel Jezelle.

Jezelle het in Namibië grootgeword maar woon in Pretoria. Sy skryf al haar musiek en lerieke self en is baie nou betrokke by die vervaardiging van haar musiek in die ateljee. Sy het verlede jaar ma geword en pa en baba toer en vlieg oral saam. ‘Ons baba is sommer van kleins af ‘n regte Jetsetter’, lag Jezelle as sy oor ma-wees en haar besige skedule praat.

Sosiale Media:

Facebook valskerm video deel 1: https://web.facebook.com/jezellemusiek/videos/208712750495785/

Facebook valskerm video deel 2: https://web.facebook.com/jezellemusiek/videos/218540075974929/

Facebook valskerm video deel 3: https://web.facebook.com/jezellemusiek/videos/2421409838169360/?t=0

Facebook valskerm video deel 4:https://web.facebook.com/jezellemusiek/videos/637940926777261/

Facebook: https://www.facebook.com/jezellemusiek/

Webblad: http://www.jezelle.co.za/

Ander musiekvideos:

Suidwes: https://www.youtube.com/watch?v=62PLpvZAtAw

Vir ons mense: https://www.youtube.com/watch?v=bh-SsF51ioE

Publisiteit en Bemarking

Global Africa Entertainment

Johan Yssel

WhatsApp: +27813417123 E-pos: info@saexpo.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →