KykNet – April 2020 HOOGTEPUNTE

In April bring kykNET ’n verskeidenheid van inhoud, so haal die komberse uit en maak reg om voor die skerms in te skuif! Met splinternuwe programme wat hul buiging sal maak en nuwe seisoene van ’n rits gewilde kykNET-programme gaan dit ’n opskop van formaat wees! President Karen is terug met die vyfde seisoen van die Republiek van Zoid Afrika! Casper de Vries gaan bietjie die lagspiere kielie. Emo Adams opsoek na die volgende vermaaklikheidsterre en ’n gewilde gospel-musikant sal sy debuut maak in ’n nuwe musiek- en kletsprogram eksklusief…

Lees meer

One Voice slaan wéér asems weg – hierdie keer met gewilde Jonas Brothers-treffer!

Die plaaslike meisiesgroep, One Voice, het nou maar een maal die ongelooflike gawe om ’n bestaande treffer hulle eie te maak en te omskep in iets waaroor luisteraars gaande is.  Gedurende Desember 2019 het hulle aanhangers verras met hul eie weergawe van die Little Mix treffer, Secret Love Song wat reeds ‘n paar duisend kyke aanlyn verkry het en nou gaan hulle verseker hulle aanhaners verder wegblaas met hulle eie weergawe van die gewilde Jonas Brothers-treffer, SUCKER! Die musiekvideo, wat deur Shaun en Madeleine McCreanor van McCrea Media verfilm is…

Lees meer

Plaaslike bekendes deel intieme stories in #CALLEDAMOFFIE-Veldtog

Ná maande se internasionale premieres en uitverkoopte vertonings, begin regisseur Oliver Hermanus se jongste fliek, MOFFIE, volgende week op die plaaslike kringloop draai. Uiteindelik, sê Hermanus, bereik die fliek diegene vir wie hy dit gemaak het – “my mede-Suid-Afrikaners.” Foto Krediete:  Brendan Croft ,OLIVER HERMANUS en Daniel Rutland Manners Die storie van ’n jong dienspligtige wat die alledaagse wreedheid van die weermag in die 1980’s tydens apartheid in Suid-Afrika probeer oorleef, het sy premiere by die Venesiese Filmfees in September verlede jaar gehad. Sedert dié vertoning in Italië, is MOFFIE én…

Lees meer

“Ek wou elke fase van verlief-wees vasvang”, sê Valeska oor nuwe musiekvideo!

Die liefde blom behoorlik in Valeska Muller se splinternuwe musiekvideo wat reeds besig is om soos ’n veldbrand op sosiale media te versprei. NABY MY NABY JOU, haar nuutste enkelsnit, is ’n pragtige moderne ballade, wat dit regkry om die euforiese gevoel van die liefde vas te vang. Dis ’n spanpoging deur die sangeres en haar vervaardiger, BIGG-T, en kombineer drie genres, Pop, Reggae en Huismusiek, om ’n merkwaardige eindresultaat te skep. “Hierdie is ’n lied wat ek uit die diepte van my hart geskryf het vir my sielsgenoot. Deur…

Lees meer

Taalmonument: kom sê jou sê oor Afrikaans se volledige geskiedenis en toekoms. Deel 2 van Carstens se unieke boek plaas klem op taal se Afrikawortels

As deel van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se 45ste verjaarsdagvieringe vind ʼn uiters interessante boekbekendstelling van die tweede deel van ‘Die storie van Afrikaans: Uit Europa en van Afrika. Biografie van ’n taal’ op Maandag, 9 Maart 2020, by die monument plaas. Tydens hierdie gratis geleentheid sal die befaamde medeskrywer van die boek, prof Wannie Carstens, in gesprek wees met die bekende joernalis Jean Oosthuizen. Volgens hulle is die doel om ʼn gesprek te stimuleer oor hoe Afrikaans se volledige verlede vertel moet word en daarom wil hulle soveel…

Lees meer

Seisoen se laaste volmaanpiekniek wink

Soms is alles net maanskyn en rose, veral as jy die volmaan van nader bekyk op ʼn heerlike somersaand op die beeldskone Paarlberg. Daarom nooi die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se vriendelike personeel almal hartlik uit om die laaste Volmaanpiekniek op Saterdag, 7 Maart 2020, te vier.  Dié pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én oorsese besoekers, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig van die vallei geniet. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou. ’n Gratis begeleide toer wat onder meer die simboliek van…

Lees meer

Die maan is waarlik belowe by die Taalmonument

Seisoen se laaste volmaanpiekniek wink Soms is alles net maanskyn en rose, veral as jy die volmaan van nader bekyk op ʼn heerlike somersaand op die beeldskone Paarlberg. Daarom nooi die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se vriendelike personeel almal hartlik uit om die laaste Volmaanpiekniek op Saterdag, 7 Maart 2020, te vier. Dié pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én oorsese besoekers, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig van die vallei geniet. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou. ’n Gratis begeleide toer wat…

Lees meer

Inspirerende koorfees weerklink weer by Taalmonument

11 kore, 5 musikale sterre en oor die 800 koorlede beloof ʼn betowerende fees van koormusiek Danksy die geliefde koorfeeste van die afgelope twee jare, vind die derde groter-en-beter Taalmonument Koorfees op Saterdag, 14 Maart 2020, plaas waartydens kore hul beste note gaan voorsit as deel van die monument se 45ste verjaardagvieringe. Vanjaar is daar boonop vyf musikale sterre – Brittany Smith (sopraan), Christine Bam (mezzosopraan), Simphiwe Mayeki (bas), Andile Tshoni (tenoor) en Kaapse Operakoor Maestro Marvin Kernelle – wat die verhoog gaan deel om die geleentheid selfs meer spesiaal…

Lees meer

LCP Productions in samewerking met Renier Weideman en Rea Le Roux bied graag aan: DIE MK SKOLE TOER 2020.

Ons wil graag by skole omgaan en ons storie vertel. LCP Productions gaan die kinders vertel  wat ons alles doen en waarom ons dit doen. Renier Weideman, filmmaker van Hartsbegeertes en Gebore Talente, is n motiverings spreker en wil graag met die kinders  gesels. Hy wil hulle motiveer en met hulle praat oor talente en drome. Hy wil graag met die kinders (jeug) werk want sy passie is om ander te help. Daarna gaan Rea Le Roux, sangeres van liedjies soos ‘GATVOL VIR HUIS SKOONMAAK’ en nog  vele meer, gaan…

Lees meer

Wie is LCP Productions?

LCP Productions is ‘n nuwe gevestigde platvorm wat nuwe, opkomende talente die geleentheid gee om hulle talent te wys, bemark en verder te vat.  LCP Productions gee ALMAL en ENIGE IEMAND die geleentheid om hulle talente te kom af show. Of dit nou sing, dans of toneel speel is, hier is n plek vir jou. Ons het ongelooflike kontrak aanbiedinge asook sakpas klasse om jou talent te bevorder. LCP Productions bemark ook graag kunstenaars en nuwe kunstenaars. Met ons gespesialiseerde bemarking span, kan jou volgende funskie, fees of konsert bemark…

Lees meer