AMPTELIKE SUID-AFRIKAANSE LOKPRENT VIR MOFFIE VRYGESTEL

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Die amptelike Suid-Afrikaanse lokprent van die bekroonde regisseur Oliver Hermanus se nuwe rolprent, MOFFIE, is vandag vrygestel midde die fliek se voortgesette veldtog op die internasionale feeskringloop. MOFFIE maak op 13 Maart aanstaande jaar sy plaaslike debuut op die grootskerm, maar dit is reeds by verskeie rolprentfeeste reg oor die wêreld vertoon. Hieronder tel die Venesië-filmfees in September vanjaar.

Die storie van ’n jong dienspligtige wat die alledaagse wreedheid van die weermag in die 1980’s tydens apartheid in Suid-Afrika probeer oorleef, het reeds gehore oor die wêreld heen oorgehaal. Vertonings in Londen, Stockholm en Glasgow vroeër vanjaar het vinnig uitverkoop, en die fliek is deur resensente geloof.

Die nuwe lokprent gee met ’n gestroopte herskepping van Rodriguez se “Sugar Man” die toon aan vir “Oliver Hermanus se meesterstuk,” soos Variety dit bestempel het. Hermanus het op die nippertjie besluit om die regte vir die liedjie te bekom en in die fliek te gebruik. Met slegs tien dae oor voordat die fliek moes klaar, het Hermanus na die musiekvervaardiger Ben Ludik uitgereik. Hy het vir Ludik gevra om die liedjie met ’n vrouestem in iets nuut te omskep wat hy dan as ’n onuitwisbare lied aan die einde van die fliek kon gebruik.

 “Elke vervaardiger droom daarvan om gevra te word om ’n ikoniese liedjie in iets nuuts te omskep,” sê Ludik. Ludik het onder meer die klankbaan vir een van Hermanus se ander flieks, Skoonheid/Beauty, behartig. “Ek glo Oliver het besluit om “Sugar Man” in MOFFIE in te sluit omdat dit ’n lied oor ’n hunkering na ontsnapping is” – soortgelyk aan die fliek se hoofkarakter, Nicholas (Kai Luke Brümmer) se ervaring. “Die liedjie het ’n spesiale stem nodig gehad om daardie broosheid en hunkering weer te gee.” Om dít te bewerkstelling, het Ludik die sanger Rebekah Thompson se ryk alt-stem ingespan.

“Ek is so opgewonde om die nuwe lokprent met die Suid-Afrikaanse gehoor te deel,” sê Hermanus. “Dit was so ’n ongelooflike geleentheid om Rodriguez se “Sugar Man” in te sluit. Ben Ludik se verwerking vir die lokprent is die kersie op die koek. Ek is gek oor wat hy met die liedjie gedoen het en ek hoop gehore sal opdaag om die ongelooflike werk te ervaar wat deur ’n groep briljante Suid-Afrikaners – akteurs, ontwerpers, fotograwe, komponiste, vervaardigers en produksiespan – gemaak is. Ons nuwe lokprent is ’n eerbetoon aan Suid-Afrikaanse rolprentteaters en filmmakers wat die wêreldmark aanvat.”

MOFFIE is gegrond op die gelyknamige memoir deur André-Carl van der Merwe, en vervaardig deur Eric Abraham en Jack Sidey, met mede-vervaardiging deur Theresa Ryan-Van Graan.

“As ’n vrou en ’n ma is ek diep aangeraak en baie trots om deel van die rolprent te wees,” sê Ryan-van Graan. “Ek kan my nie indink hoe dit moes wees om jou seun oorlog toe te stuur nie, of om te vrees vir sy oorlewing in ’n omgewing waar seuns vervolg en afgepers is as hulle op enige manier anders was.”

MOFFIE is deur Portobello Productions en Penzance Films vervaardig en word vroeg in Januarie by die Palm Springs-filmfees in Amerika bekendgestel. Die fliek sal ook oor die volgende drie maande in Noorweë, Skotland, Ierland en Mexiko bekendgestel word.

MOFFIE se rolverdeling sluit Kai Luke Brümmer, Hitlon Pelser, Matthew Vey, Stefan Vermaak en Ryan de Villliers in. Eric Abraham en Jack Sidey is die vervaardigers met Theresa Ryan- van Graan as mede-vervaardiger.

MOFFIE begin op 13 Maart aanstaande jaar in Suid-Afrikaanse rolprentteaters draai.

Olka Bolka het met Kai en Stefan gesels  om hulle beter te leer ken.

KAI LUKE BRUMMER

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

Ek is in Johannesburg gebore en grootgeword in the Henley on Klip.

Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?

Ek het by UCT gaan studeer. Teater en Toneel/Theatre and Performance.

Hoe berei jy jou voor vir ‘n rol?

Ek doen baie navorsing. Ek probeer om n in diepte agtergrond storie te skep van my karakter deur middel van teks opsommimgs en om die tydsperiode af te breek.

Hoe het jy jou rol benader in Moffie, was dit moeilik?

Ek en die regisseur Oliver Hermanus het baie tyd spandeer om die karakter se agtergrond storie te skep, die tydsperiode waarin dit afspeel en die teks. Ek het ook 13kg verloor vir die rol om kleiner te vertoon.

Hoe hanteer jy ‘n moeilike karakter of toneel?

Om so intense rol te vertolk eis altyd sy tol op jou emosioneel. Maar dis my werk en mens raak gewoond daaraaan deur oefening.

Wanneer is jy op jou gelukigste?

Wanneer ek branderplank ry.

Wanneer het jy geweet jy wil ‘n akteur word?

Ek het al geweet vandat my ma haar eie gemeenskapsteater oopgemaak het in ‘n helikopter skuur in die Suide van Johannesburg toe ek klein was.

Hoe het jou ouers oor jou beroepkeuse gevoel?

My ouers het my nog altyd ten volle ondersteun.

Watter reeks is tans jou gunsteling?

My gunsteling reeks op die oomblik is Euphoria en Bad Banks 

Watter werk sal jy graag agter die skerms wil doen?

Ek sal graag ‘n regisseur wil wees.

Wat is jou nagmerrie scenario tydens verfilming?

As ek op stel is en nie in die projek glo nie. 

As jy enige karakter kon speel wie sou dit wees?

Ek sal graag ‘n baie donker karakter wil speel.

Watter beroep sou jy beoefen het as jy nie akteur geword het nie?

Ek sou graag ‘n dokter wou wees.

Tipe Musiek

Ek hou regtig van alle tipe musiek.

Sanger

Bon Iver

Gunsteling liedjie

Clair De Lune 

Rolprent

Ek het so baie, maar op die oomblik ‘Parasite’

Akteur

Matthias Schoenaerts

Aktrise

Saoirse Ronan

Kos en drankie

Braai en wit wyn

Ontspanning

Branderplank

Boek

‘Killing Commendatore’ deur Huruki Murakami 

Vakansie bestemming

Brazil

STEFAN VERMAAK

Waar is jy gebore en het jy grootgeword? Ek is gebore in Pretoria, 1992. Laerskool en Hoerskool Menlopark ook in Pretoria. Daarna het ek vir ‘n paar jaar in Johannesburg gebly en is nou weer terug in Pretoria (Laaste 2 jaar)

Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat? ek het B.com besigheidsbestuur en bemarking studeer by UNISA en in 2016 my graad behaal.

Hoe berei jy jou voor vir ‘n rol? Ek begin altyd met navorsing. Veral as dit ‘n periode teks is. Moffie speel af in 1981, so stap een is om so veel as moontlik inligting te versamel van daardie tyd. Karre is ander, daar was geen selfone, daar was anders gepraat ens ens. Dan probeer jy ooreenkomste tussen jou en die karakter vind wat jy dan aan jou karakter leen. En dan leer ek die karakter ken, ek kleur sy agtergrond in sodat jy in enige situasie weet hoe jou karakter sal optree. Hoe nader jy aan jou karakter kan kom, hoe meer geloofwaardig gaan jy hom kan vertolk.

Hoe het jy jou rol benader in Moffie, was dit moeilik? Dit is ‘n proses. Jy raak oor tyd gewoond aan jou karkater. Jy leer hom ken. Jy maak sekere karakter keuses wat jy glo gaan werk vir jou rol. Natuurlik was ons soldate, so dit was fisies ook uitdaging. En daarvoor moet mens ook voorberei. Net soos wat jou karakter moet inpas en sy persoonlikheid wys tussen die soldate, so moet jy as akteur ook jou plek vind tussen ‘n klomp akteurs en dit het uiteindelik gesorg dat almdat ‘n broederskap bond gegin vorm het. Ek het elke dag, dag vir dag gevat. Gefokus op die tonele wat die dag verfilm word. Seker gemaak ek weet waar my karakter se emotionele storielyn daai dag is en dan myself ingeleef, om Oscar so eerlik as moontlik te vertolk

Hoe hanteer jy ‘n moeilike karakter of toneel? Soos elke ander. Jy leef jouself in, tussen “aksie”en “cut” word jy daai karakter. En oor tyd leer mens aan om vinniger in en uit jou karakter te spring.

Wanneer is jy op jou gelukigste? Wanneer my selfoon af is en ek my gunstelling vriende/familie om my het.

Wanneer het jy geweet jy wil ‘n akteur word? Ouderdom 15, na my eerste professionele rol, Fiela se Kind

Hoe het jou ouers oor jou beroepkeuse gevoel? My ouers weet ek gaan volluit vir alles wat ek aanpak. Hulle het my vertrou en doen steeds.

Wie se TV Klerkas sal jy graag wil hê? Reynard Slabbert (Hy is aanbieder van bravo! en sy klerekas word gereeld opgeknap met nuwe uitrustings)

Watter reeks is tans jou gunsteling? Why women kill.

Watter werk sal jy graag agter die skerms wil doen? vervaardiging. dit kombineer my twee passies: Besigheid en vermaak

Wat is jou nagmerrie scenario tydens verfilming? Indien jy besig met om’n “combat” te verfilm en skielik breek daar ‘n regte shootout tussen Polisie en Parlemoenstropers uit, paar honderd meter van jou (Ja, dit was die geval tyd Moffie)

As jy enige karakter kon speel wie sou dit wees? Adam Driver se karakter in Marriage Story

Watter beroep sou jy beoefen het as jy nie akteur geword het nie? Krieket kommentator

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek – Mixture between electronic, jazz, blues and soul

Sanger – Harry Styles

Sangeres – Billie Eilish

Band – Two feet

Gunsteling liedjie – Quick Musical Doodles (Two Feet)

Rolprent – Tans (Joker en Marriage Story)

Akteur – Leonardo Dicaprio

Aktrise – Nicole Kidman

TV reeks en karakter – Dexter

Kos en drankie – Rooivleis en Brandy

Ontspanning – Rooivleis en Brandy

Boek – Murder Mysteries

Vakansie bestemming – Koffiebaai

Waarvan hou jy niks – 1. Om laat te wees. 2. Mense wat my laatmaak. 3 Mense wat nie omgee om laat te wees nie. 4. Mense wat nie agterkom as hulle besig is om jou tyd te mors nie.

Toenemende aanvraag het die span agter bekroonde regisseur Oliver Hermanus se nuutste aflewering, MOFFIE, aangespoor om die fliek se herskepping van “Sugar Man” vandag na radiostasies landwyd uit te reik – presies ’n maand voor die fliek se Suid-Afrikaanse silwerskerm-debuut op 13 Maart.

“Die hele ervaring is wonderlik, onwerklik,” sê Rebekah Thompson, die sanger met die ryk alt-stem wat die musiekvervaardiger Ben Ludik gekies het om Rodriguez se geliefde lied te laat herleef. “Dit het alles so vining gebeur en ek het vir seker nooit gedink dat dit hier (op radio) sou opeindig nie. Ek kan nie glo dat (die weergawe van) ‘Sugar Man’ op radio gaan speel nie.”

Die storie van ’n jong dienspligtige wat die alledaagse wreedheid van die weermag in die 1980’s tydens apartheid in Suid-Afrika probeer oorleef, is deur resensente wêreldwyd geloof sedert die premiere by die Venesiese Filmfees in September verlede jaar. MOFFIE is gegrond op die gelyknamige memoir deur André-Carl van der Merwe, en vervaardig deur Eric Abraham en Jack Sidey, met mede-vervaardiging deur Theresa Ryan-Van Graan.

Kyk die lokprent hier:  https://www.youtube.com/watch?v=sr4SaDufN5o&t=4s

“Ek voel geëerd om deel van MOFFIE te wees,” voeg Thompson by. “Ek dink dit is ’n storie wat Suid-Afrika nodig het om te hoor en te sien. Ek sien uit na die Suid-Afrikaanse uitreiking aanstaande maand.”

Hermanus se plan was aanvanklik om die regte te bekom om Rodriguez se oorspronklike weergawe van die lied in die fliek te gebruik. “Dit was ons groot hoop om ‘Sugar Man’ in MOFFIE in te sluit,” sê Hermanus. “Ons het dit eers as deel van die karakters se storiewêreld gehad, maar later het ek begin speel met die idee om ons eie weergawe van die liedjie vir die klankbaan te skep. Ons is baie gelukkig dat ons die regte bekom het, asook die geleentheid om die liedjie te herskep,” voeg hy by.

Hermanus het toe na Ludik uitgereik. Ludik het onder meer die klankbaan vir een van Hermanus se ander flieks, Skoonheid/Beauty, behartig. “Ek glo Oliver het besluit om ‘Sugar Man’ in MOFFIE in te sluit omdat dit ’n lied oor ’n hunkering na ontsnapping is – soortgelyk aan die fliek se hoofkarakter, Nicholas (Kai Luke Brümmer) se ervaring. Die liedjie het ’n spesiale stem nodig gehad om daardie broosheid en hunkering weer te gee.” Thompson se stem, glo hy, is nommerpas.

“Die eerste keer wat ek Rebekah se stem gehoor het, het ’n donker toon in haar stem my getref – ’n hunkering na die beroemde alt-stemme van die 80s,” sê Ludik. “Dit voorsien die perfekte kontras vir dit wat ek met MOFFIE se weergawe van ‘Sugar Man’ wou bereik.

Sedert die vrystelling van die fliek se lokprent – waarin Thompson en Ludik se onuitwisbare voordrag speel – in Desember verlede jaar, het “gehore reg oor die wêreld gevra waar hulle ’n kopie van dié weergawe kan kry,” verduidelik Hermanus die redevoering vir die lied se uitreiking. “Dit is regtig wonderlik om dit vandag met die wêreld te deel.”

Ludik voeg by: “Uit die verskeie redes agter die lied se uitreiking, voel ek die sterkte oor die grinterige ondertone ­– ’n gevoel wat jou kan terugneem na die 80s-era waarin die liedjie juis so gewild was. Die liedjie is nie suikersoet in ons interpretasie daarvan nie, en ek dink dit is belangrik om ook op die donker dele van ons herinneringe te let.”

MOFFIE se rolverdeling sluit Kai Luke Brümmer, Hitlon Pelser, Matthew Vey, Stefan Vermaak en Ryan de Villliers in. Eric Abraham en Jack Sidey is die vervaardigers met Theresa Ryan- van Graan as mede-vervaardiger.

SOCIAL MEDIA SKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/MoffieFilm/

Instagram: @MoffieFilm 

Twitter: @MoffieFilm 

PUBLISITEIT & BEMARKING

STARBURST PROMOTIONS

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za

.  Dit is ‘n Oliver Hermanus film en word reeds baie wyd in die buiteland geprys deur verskeie media soos Hollywood Reporter, Variety, The Times, ens. 

Ek wil by uitstek graag noem dat ons besef baie mense se eerste reaksie teenoor die titel van die fliek is half geskok.  MOFFIE.  Dis nogal in jou gesig.  Ek wil ook noem dat die eerste indruk oorkom dat dit slegs ‘n Gay fliek is, maar juis daarom dat ek graag konteks wil skep voordat ek vra vir ‘n onderhoud. 

Die fliek se titel, MOFFIE, is juis so groot en in mens se gesig omdat die doel met dit is om die woord MOFFIE te de-aktiveer.  Soveel ouens (Gay of nie Gay nie) is al MOFFIES genoem en die woord inself is afbrekend teenoor menswees.  Dit gaan juis oor hoe hierdie spesifieke woord gebruik word om jong mans (18 jaar oud) af te breek.  In die werklikheid kan enige woord wat negatief is ‘n mens so afbreek.  In hierdie geval is die fokus op die woord MOFFIE.  Ons hoop is dat media en mense nie sal wegskram vanaf die titel van die fliek nie, maar dit sal omarm en saam met ons sal poog om hierdie aaklige woord te de-aktiveer.  Soos wat Oliver Hermanus dit stel – kan dit slegs gebeur indien mense die woord “head on” vat en uitblaker.  Dan verloor dit sy krag.

Verder handel die fliek oor jong seuns wat weermag toe gaan en wat hulle moes deurmaak.  Dan is daar een seun, Nicholas, wat nie 100% seker is oor sy seksualiteit nie en bo en behalwe die trauma van die weermag en grens moet deel met hierdie groot  “issue” van hom en wat in daardie jare absoluut onaanvaarbaar was.  Daar is ongelooflik baie in die film om oor na te dink.  Ek wonder hoe die Ma’s en susters van hierdie seuns gevoel het.

Ek wonder net hoe ‘n Ma voel as haar seun ‘n MOFFIE genoem word.  Daar is soveel Ma’s en Susters en selfs dogters daarbuite wie se seuns, Pa’s of broers Gay is of selfs net effens verfynd is en deur mense as ‘n MOFFIE uitgeskel word. So, die film spreek werklik tot ‘n baie wye gehoor en beslis nie net tot ‘n Gay gehoor nie

Related posts