Trots Afrikaans

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Dis tyd dat ons die aap uit mou laat. Ek wil ook nou nie die bobbejaan agter die bult gaan haal nie, maar hier kom ‘n ding. Afrikaans is een van die top 10 sexy’ste tale in die wêreld en tog is dit eers in 1925 as ‘n amptelike taal erken. Afrikaans is die lekkerste taal om jou in te kan uitdruk. Hy praat so lekker, hy sing so lekker, hy soen so lekker en vloek selfs so lekker. 

Een aand op Danabaai se strand het ‘n groepie vriende oor die see uitgestaar en ver gekyk, so ver, dat ‘n nuwe ster raakgesien is: www.trotsafrikaans.com! ‘n Onafhanklike produksiehuis, media- en stromingsdiens. Trots Afrikaans het vinnig naam gemaak onder die afrikaanse mark. Hulle spog met ‘n rits produksies al in die sak, was al by die Arnold Classics 2019 waar hul kennis gemaak het met Arnold Swazernager. Dan spog hul met opnames van die Ghoema’s, Innibos fees, CANSA se glans aande en nog vele meer.  

Trots Afrikaans Media doen dekking van alle geleenthede in Suid Afrika van film premieres tot teaterproduksiedekkings. Trots Afrikaans het in September 2019 hul internasionale status bereik en het nou kantore in London, Australië, New York tot selfs in Japan.  

Maar wag, voordat jy dink dis net nog ‘n omvattende produksiehuis wat opnames doen en selfs spog met ‘n 48 uur ‘turn-around-time’, laat hul die aap toe uit die mou en www.trotstv.com word vroeg in 2020 vrygestel. Dis ‘n aanlyn stromingsdiens en platform wat Afrikaners in staat stel om vanuit die hoeke van die wêreld, Afrikaans op hul foon, tablet of tv te kan kyk. Van Afrikaanse films, dokumentêre en vele ander programme – als in Afrikaans!  

Trots Afrikaans is ‘n maatskappy wat die geleentheid in die mark gesien het om vorentoe te ontwikkel in die digitale speelgrond en Afrikaans na die uithoeke van die wêreld te neem.

Hulle beloof om elke Afrikanerhart se snare te pluk met vars inhoud in afrikaans en ons taal lewendig te hou in ‘n kompeterende wêreld waar alles digitaal beskikbaar is. Maar hulle wil wys dat daar tussen al die ander, ook ‘n plek vir Afrikaans is!                        Trots Afrikaans – Die Groter Prentjie.   Besoek hulle by www.trotsafrikaans.com.

Related posts