TRUTH TV & DOWNTOWN ENTERTAINMENT BRING UNPLANNED FILM NA SUID-AFRIKA IN 2020

Olka Bolka E-Tydskrif het die primiere van die rolprent in Johannesburg bygewoon. Lucretia Labuschagne het die volgende oor die rolprent vertel:

Die besonderse film Unplanned, is binnekort beskikbaar in jou naaste teater. Maak gerus ‘n nota in jou dag boek, en geniet ‘n aand uit die 28 ste Febuarie saam vriende en familie om die film te gaan kyk. Die film sal beslis ‘n impak maak in jou lewe en dit gee jou absoluut ‘n vars, objektiewe uitkyk oor aborsie en hoe dit alledaagse lewens affekteer. Groot Fm het baie goed in hul taak gekwyt as media vennoot van die Unplanned film, en as kyker is dit van kardinale belang om na die obserwering van die film die vraag te vra:’ Sal ek die stem wees vir die wat nie het nie?’ Die film skep ‘n nuwe kommunikasie platform wat ‘n baie belangrike tema bespreek, wat die samelewing romantiseer, en nie die belangrikheid of nood noodwendig in aborsie sien nie. 

                ⁃              Lucretia Labuschagne

Lucretia Labuschagne by die Premiere van Unplanned.

Unplanned die film word uiteindelik uitgerol binne die grense van Suid-Afrika vanaf,  Vrydag 28 Februarie 2020! Tientalle aanlyn-petisies en -veldtogte het Downtown Entertainment en TruthTV geïnspireer om saam te werk om Unplanned in geselekteerde teaters in Suid-Afrika, Namibië en Zambië te wys.

Unplanned is ‘n film wat die lewensverhaal vertel van Abby Johnson, die voormalige direkteur van ‘n Planned Parenthood-kliniek wat ‘n aktivis teen aborsie word. Die film het vêr bo verwagtinge presteer op die Amerikaanse loket ná die teatervrystelling op 29 Maart 2019. Unplanned met ‘n begroting van $ 6 miljoen breek gelyk in die eerste naweek van vrystelling en oortref die verwagtinge as die tweede sterkste debuut film vir Pure Flix, ‘n Amerikaanse produksie- en verspreidingsonderneming wat spesialiseer in Christelike films.

Vroeg in die film gee Abby Johnson ‘n betoger teen aborsieklinieke ‘n mondvol.  Abby wat pas begin vrywilligers werk doen het in ‘n Planned Parenthood-kliniek in Bryan, Texas,  is onsteld  oor  die wyse waarop aktiviste op pasiënte skree en hulle bang maak met grafiese tekens en kostuums. ‘In watter wêreld sal ‘n vrou na iemand geklee soos die Grim Reaper gaan om hulp te vra met haar krisisswangerskap?’ Vra Johnson een van die betogers teen aborsie.

Dit is ‘n verrassende toneel in ‘n vurige film teen aborsie, maar dit voel soos ‘n samevatting van die film se hele benadering: Unplanned distansieer hom van aggressiewe protesoptogte teen aborsie en bepleit ‘n benadering wat verwelkomend is.

“Wat ons van Abby se verhaal gehou het, is dat dit beide uiterstes en die middel van die aborsiekwessie dek,” sê Joe Knopp, ‘n vervaardiger van Unplanned: “Daar is ‘n glyskaal vir alles wat jy glo of wat jy dink jy glo.”

Dié rede waarom meer as 80 entiteite in Suid-Afrika alreeds hul samewerking geoffer en hul gewig agter die film se bemarking gegooi het.  Gauteng kykers kan ‘n majestuese reklamebord vir Unplanned in Gauteng verwag en groep besprekings is nou beskikbaar by NuMetro Cinemas (kontak: sales@numetro.co.za).

Sou enige publiek betrokke wou raak, kan die bemarkingsmateriaal gerus via sosiale media gedeel word met die nutsmerke #WhoWillBeMyVoice #IwillBeYourVoice. 

‘Dit is moeilik om met ‘n ware verhaal te redeneer,’  sê Knopp, die vervaardiger ‘Dit is regtig moeilik om te redeneer met die reis wat Abby onderneem het.’

Unplanned word deur  kritici beskryf as; ‘n Eerlike verhaal met skokkende feite wat nie geïgnoreer kan word nie en wat persepsies sal skud … Hou dus die sneesdoekies byderhand.

Klik op die skakel en kyk na die lokprent van UNPLANNED:https://youtu.be/EgzZGLa1_n4

Klik ook op die Suid-Afrikaanse hulpblad vir almal wat hulp benodig rakende aborsieprobleme: https://www.unplannedmovie.co.za/

Unplanned sal op 28 Februarie 2020 in die volgende teaters wys:

WESTERN CAPE
Nu Metro Canal Walk, Cape Town
Nu Metro Worcester
SterKinekor Garden Route Mall, George
SterKinekor Blue Route, Tokai
SterKinekor Cape Gate, Brackenfell
SterKinekor Parow
SterKinekor Somerset West
SterKinekor Tygervalley, Bellville


EASTERN CAPE
SterKinekor BayWest, Port Elizabeth

FREE STATE
Nu Metro Loch Logan, Bloemfontein
Nu Metro Welkom GAUTENG
Nu Metro Clearwater, Krugersdorp
Nu Metro Parkview, Pretoria
SterKinekor Eastgate, Johannesburg
SterKinekor Brooklyn Commercial, Pretoria
SterKinekor Cradlestone, Krugersdorp
SterKinekor Irene, Centurion
SterKinekor Kolonnade, Pretoria
SterKinekor Mall at Carnival, Brakpan
Capitol Cinema (old Maxi Cineplex Zambezi), Pretoria

KWA-ZULU NATAL
Nu Metro Galleria, Amanzimtoti NAMIBIA
Atlanta Cinema, Swakopmund Epic Cinemas Maroela Mall, Ongwediva

ZAMBIA
Manda Hill, Lusaka

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →