Taalmonument: kom sê jou sê oor Afrikaans se volledige geskiedenis en toekoms. Deel 2 van Carstens se unieke boek plaas klem op taal se Afrikawortels

As deel van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se 45ste verjaarsdagvieringe vind ʼn uiters interessante boekbekendstelling van die tweede deel van ‘Die storie van Afrikaans: Uit Europa en van Afrika. Biografie van ’n taal’ op Maandag, 9 Maart 2020, by die monument plaas. Tydens hierdie gratis geleentheid sal die befaamde medeskrywer van die boek, prof Wannie Carstens, in gesprek wees met die bekende joernalis Jean Oosthuizen. Volgens hulle is die doel om ʼn gesprek te stimuleer oor hoe Afrikaans se volledige verlede vertel moet word en daarom wil hulle soveel…

Lees meer

Seisoen se laaste volmaanpiekniek wink

Soms is alles net maanskyn en rose, veral as jy die volmaan van nader bekyk op ʼn heerlike somersaand op die beeldskone Paarlberg. Daarom nooi die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se vriendelike personeel almal hartlik uit om die laaste Volmaanpiekniek op Saterdag, 7 Maart 2020, te vier.  Dié pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én oorsese besoekers, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig van die vallei geniet. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou. ’n Gratis begeleide toer wat onder meer die simboliek van…

Lees meer

Die maan is waarlik belowe by die Taalmonument

Seisoen se laaste volmaanpiekniek wink Soms is alles net maanskyn en rose, veral as jy die volmaan van nader bekyk op ʼn heerlike somersaand op die beeldskone Paarlberg. Daarom nooi die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se vriendelike personeel almal hartlik uit om die laaste Volmaanpiekniek op Saterdag, 7 Maart 2020, te vier. Dié pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én oorsese besoekers, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig van die vallei geniet. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou. ’n Gratis begeleide toer wat…

Lees meer

Inspirerende koorfees weerklink weer by Taalmonument

11 kore, 5 musikale sterre en oor die 800 koorlede beloof ʼn betowerende fees van koormusiek Danksy die geliefde koorfeeste van die afgelope twee jare, vind die derde groter-en-beter Taalmonument Koorfees op Saterdag, 14 Maart 2020, plaas waartydens kore hul beste note gaan voorsit as deel van die monument se 45ste verjaardagvieringe. Vanjaar is daar boonop vyf musikale sterre – Brittany Smith (sopraan), Christine Bam (mezzosopraan), Simphiwe Mayeki (bas), Andile Tshoni (tenoor) en Kaapse Operakoor Maestro Marvin Kernelle – wat die verhoog gaan deel om die geleentheid selfs meer spesiaal…

Lees meer