Die liefde blom behoorlik in Valeska Muller se splinternuwe musiekvideo wat reeds besig is om soos ’n veldbrand op sosiale media te versprei.
NABY MY NABY JOU, haar nuutste enkelsnit, is ’n pragtige moderne ballade, wat dit regkry om die euforiese gevoel van die liefde vas te vang. Dis ’n spanpoging deur die sangeres en haar vervaardiger, BIGG-T, en kombineer drie genres, Pop, Reggae en Huismusiek, om ’n merkwaardige eindresultaat te skep.
“Hierdie is ’n lied wat ek uit die diepte van my hart geskryf het vir my sielsgenoot. Deur dit te sing, wil ek ware liefde in my lewe laat manifesteer,” verduidelik die sangeres oor die betekenis agter hierdie sielvolle snit.
Dit was vir Valeska baie belangrik dat die musiekvideo die euforie en kinderlike opgewondenheid van die liedjie behoorlik sou vasvang. Daarom het sy die Hertford Country Hotel, met sy pragtige landskap en geboue, gekies om as agtergrond vir hierdie liefdesverhaal te dien.
Saint Nic Media, wat ook verantwoordelik was vir haar vorige musiekvideo’s, was weereens aan stuur van sake en het ’n spesiale kamerategniek gebruik om die beeldmateriaal so natuurlik as moontlik te hou. Stilering is deur die musikant self gedoen, terwyl Hannelie Burger omgesien het na haar hare en grimering.
“Die
musiekvideo is geskiet vanuit die liefdesoogpunt van my sielsgenoot en ons het
probeer om die verskillende, en soms gesteelde, oomblikke van verlief-wees weer
te gee,” verduidelik sy. “Ons
deel die opwinding, sensualiteit en kwesbaarheid wat tussen ons groei, soos wat
ons met elke oogopslag meer-en-meer verlief raak. Ek dans, draai, lag en
hardloop, want sy teenwoordigheid laat my vry voel. Aan die begin en einde van
die verhaal, sien jy ’n skoenlapper. Dit is simbolies van die passie en
transformasie wat binne ’n verhouding bestaan.”
Kyk die video hier:https://www.youtube.com/watch?v=hviSVATnspo
Haar nuutste
musiekvideo, volg in die voetspore van Verlange van Jou, Skyn Jou Liggie Vir My en Verdwaal Saam Met Jou wat almal baie
goed ontvang is en reeds duisende kykers op YouTube gelok het. Al haar
enkelsnitte is aanlyn beskikbaar en maak ook deel uit van haar album, My
Simfonie.
Behalwe vir Valeska
se sangloopbaan en sangskool (Valeska Muller Vocal Academy), is sy netso
entoesiasties oor sport en beplan om vanjaar aan die 2Oceans Maraton deel te
neem. Sy het onlangs ook met golf lesse begin en hoop om haarself binnekort op
die golfbaan te sien.
Sedertdien, het sy al hoofrolle gehad Richard Loring’s ‘Girl Talk 2005’ ; ‘Sonsak Jolyt; ‘Dance Mania’; ’ The Seven Wonders Show; The Awesome 80’s show; The Lets Twist Again Show. Valeska’s TV acting performances include ‘Binnelanders’; ‘One Way’ and TV commercials for Vodacom and Newscafe. She was invited to sing for King Swandile at the Royal Swazi Sun. She performed at many festivals: Aardklop, Innibos, KKNK, Aartappel Fees, and the Mulberry Festival. She has written songs with RJ Benjamin, Kyle Adcock, Christiaan Kritzinger, Crighton Goodwill , Drago Blaskovic, Bradley Africa and Liezel Marshall. Her previous band, Rain on Mars, had 2 songs play listed on Highveld and 5FM.in verskeie verhoogproduksies, asook rolle in televisieprogramme soos Generations, Roer Jou Voete en Binnelanders. Een van haar liedjies is ook gebruik as die temalied van die program, ’n Ster Vir My Bed, op Via TV. Sy het ook al opgetree by verskeie funksies en feeste, waaronder Aardklop, Innibos, Aartappel Fees, KKNK en vele meer.
Valeska het oor die jare besef, dat jy uniek moet wees as jy wil raakgesien word in die bedryf. Daarom werk sy hard om seker te maak dat elke liedjie en musiekvideo, wat sy uitreik, van uitsonderlike gehalte is. Haar nuutste vrystelling doen beslis hierdie reputasie gestand… nou kort sy net iemand om haar sukses mee te deel!
“Die liefde
blom in die video en hy kan in my oë sien dat ek die res van my lewe saam met
hom wil wees. Ek wil saam met hom verdwaal, na hom verlang en my liggie helder
laat skyn met hom aan my sy,” sluit sy af.
Hierdie snit is beskikbaar op die MY SIMFONIE album en op digitale
platforms: https://orcd.co/bgglpq9
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/ValeskaMullerSinger/
Instagram: @valeskamuller
Twitter: @Valeskamuller
PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za
STARBURST PROMOTIONS
Jacques Perie – ADMINISTRATION