One Voice slaan wéér asems weg – hierdie keer met gewilde Jonas Brothers-treffer!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Die plaaslike meisiesgroep, One Voice, het nou maar een maal die ongelooflike gawe om ’n bestaande treffer hulle eie te maak en te omskep in iets waaroor luisteraars gaande is.  Gedurende Desember 2019 het hulle aanhangers verras met hul eie weergawe van die Little Mix treffer, Secret Love Song wat reeds ‘n paar duisend kyke aanlyn verkry het en nou gaan hulle verseker hulle aanhaners verder wegblaas met hulle eie weergawe van die gewilde Jonas Brothers-treffer, SUCKER!

Die musiekvideo, wat deur Shaun en Madeleine McCreanor van McCrea Media verfilm is in Ons eerste Volksbank op Kerkplein in Pretoria, bou voort op die opwindende gevoel van verlief wees. “Ons wou graag met die video probeer om elke toeskouer te laat voel soos die persoon waarop iemand verlief is. Daarom maak ons oogkontak en sing ons direk in die kamera in,” verduidelik hulle.

“Alles is eenvoudig gehou en daar is meer op die gevoel gefokus as op die agtergrond. ’n Ou houtdeur met paneelwerk agter ons, het wel gehelp om ’n nostalgiese gevoel te skep van daai dae toe almal nog jonk en verlief was.”

Kyk die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=7X3IcahhwkY&feature=youtu.be 

SUCKER is een van die snitte op hulle selfgetitelde debuut-album en is ’n groot gehoor-gunsteling tydens hulle lewendige optredes. Daarom het hulle besluit dat die tyd reg is om die enkelsnit en musiekvideo met die res van die land te deel!

“Die liedjie vertel die verhaal van iemand wat hulpeloos is teen sy liefde vir iemand anders. Die persoon is vasberade om sy lewe saam met sy sielsgenoot deur te bring, ten spyte van haar onvolmaakthede,” verklap die meisies oor die betekenis agter dié pop-snit waaroor hulle self mal is.

“Ons verwag dat wanneer mense ons weergawe hoor hulle aangenaam verras sal wees, aangesien ons ’n bekende liedjie gevat het en ons eie unieke weergawe daarvan gemaak het. In ons weergawe, bied ons ook die boodskap aan vanuit ’n vroulike perspektief en dit maak ’n groot verskil.”

Oor die sukses van hulle vorige video, Secret Love Song, sê hulle: “Dit is ons gunsteling-liedjie deur Little Mix en ons is baie tevrede met die terugvoer wat ons sover gekry het. Ons is ook baie trots daarop dat die video binne 24 uur deur meer as ’n duisend mense gekyk is”.  Droomplaneet, hulle eerste enkelsnit, het net so goed presteer en kan steeds oor die radio gehoor word.

Tans is die groep besig om te werk aan oorspronklike musiek vir hulle volgende album en om konserte en optredes vir die res van die jaar te beplan. “Ons wil graag hierdie jaar ook begin teruggee aan die gemeenskap. Aanhangers kan dus ons sosiale media dophou vir nuwe en opwindende dinge,” vertel hulle opgewonde.

One Voice is ’n vars briesie in die Suid-Afrikaanse musiekmark en met liedjies soos SUCKER, bewys dié meisiesgroep dat daar ’n blink toekoms op hulle wag – plaaslik en internasionaal.  

Olka Bolka E-Tydskrif het met die unieke dames van One Voice onderhoude gedoen om meer van hulle uit te vind.

Carla

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

Ek is in Centurion gebore en bly al my hele lewe lank hier.

Behalwe musiek, watter beroep wil jy graag volg?

As ek nie musiek gedoen het nie sou ek heel moontlik iets soos ‘n brandweervrou wou word, aangesien ek nog altyd ‘n passie daarvoor gehad het om mense te help.

Jy is deel van die meisie groep, One Voice, hoe ervaar jy dit?

Dit is amazing. Ek geniet dit so baie om saam met die ander meisies te wees, nie net as ons optree nie, maar wanneer ons oefen en laf raak ook.  

Skryf jy self liedjies?

Ek skryf my eie liedjies al van baie kleins af. Dit gee vir my emosies en gedagtes ‘n veilige plek om na heen te gaan, waar hulle maak wat hulle wil. 

Wanneer is jy op jou gelukigste?

Ek is op my gelukkigste wanneer ek op die verhoog is en die musiek my na ‘n ander toe wêreld vat.

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek is ‘n ekstrovertise introvert. Eks baie stil wanneer ek iemand aan die begin omtmoet, maar sodra ek gemaklik raak, is ek soos ‘n ping pong balletjie. Ek het ‘n groot liefde vir mense en diere en ek sal altyd probeer help waar ek kan.

Waarna luister jy en hoekom?

Ek luister na feitlik enige iets van alternative na kpop. Solank die liedjie emosie in my opwek of iets besonders vir my beteken sal ek dit op repeat luister.

Som jou musiekstyl in een sin op?

‘n Groot verskeidenheid van gevoelens, klanke en idees.

Watter invloed wil jy hê moet jou musiek op mense het?

Ek sal graag wil hê dat die musiek wat ek maak, ‘n positiewe impak in mense se lewens moet maak.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek is doodelik bang vir die see.

Waarmee is jy op die oomblik besig?

Ek is huidiglik besig om musiek tegnologie te studeer.

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Om eerlik te wees, die toekoms is nogals skrikwekkend vir my, maar ek probeer hard werk aan myself om my as mens te verbeter en voor te berei vir wat ookal die lewe vir my mag gooi.

Wat inspireer jou?

Mense is my grootste inspirasie. Daar is geen boek wat jou meer kan leer as wat normale mense op straat kan nie.

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Demi Lovato, sy was al van Disney channel dae my gunsteling , sy het ‘n ongelooflike stem en dit sal net amazing wees om ‘n verhoog saam met haar te kan deel.

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek

Letterlik enige musiek

Sanger

Keaton Henson

Sangeres

Demi Lovato

Band

BTS

Gunsteling liedjie

Brother – Kodaline

Rolprent

Shutter Island

Akteur

Leonardo Dicaprio

Aktrise

Scarlett Johansson

TV reeks en karakter

Brooklyn Nine Nine, Jake Peralta

Reeks

Avengers

Kos en drankie

Sushi met Gin en tonic

Ontspanning

Gym, luister musiek of lees.

Boek

Carve the mark – Veronica Roth 

Vakansie bestemming

Santorini

Kleur:

Lavender

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Roomys

Mense wat disrespekvol is

Eksamens

Goed wat vir altyd dieselfde bly.

Janke

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

Ek is in Kaapstad gebore, en het tot ek nege jaar oud was in Asië gebly (Thailand en Maleïsie) en vir die afgelope 11 jaar in Pretoria.

Behalwe musiek, watter beroep wil jy graag volg?

Ek is op die oomblik besig om n beroep in Ideation te volg, my droom werk is om vir ‘n paar jaar ń paramedikus te wees, want ek het ń passie vir mense help en ek werk goed onderdruk.

Jy is deel van die meisie groep, One Voice, hoe ervaar jy dit?

Dit is vir my lekker om saam die ander meisies te sing, ek het altyd solo gesing voor ek met One Voice gesing het en dis vir my ń groot maar lekker verandering.

Skryf jy self liedjies?

Ja ek doen, ek het kort na ek begin sing het my eie musiek begin skryf op die ouderdom van 13.

Wanneer is jy op jou gelukigste?

Waneer ek saam met die mense is wat ek lief het, hulle is baie belangrik vir my.

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek is ń hardwerkende, passievolle mens wat die lewe en die wêreld fassinerend vind. Ek bly nie stil as ek voel iets nie reg is, of as iets onregverdig is. Dit is belangrik vir my dat mens met respek hanteer word.

Waarna luister jy en hoekom?

Musiek wat betekenisvol is, ek hou nie van musiek met woorde wat heeltyd herhaal en nie eintlik iets sê nie.

Som jou musiekstyl in een sin op?

Stadige, passievolle en poëtiese musiek.

Watter invloed wil jy hê moet jou musiek op mense het?

Dit moet ń storie vertel en emosies in mense wakker maak.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek is eintlik nogal skaam, maar ek steek dit goed weg.

Waarmee is jy op die oomblik besig?

Om hierdie vrae te beantwoord, haha grappie…  Ek is nou in my tweede jaar van Universiteit, ek swot ń Bachelors in Ideation Design.

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Op die oomblik fokus ek om my studies suksesvol af te handel, en in my toekoms sal ek graag wil aanhou om myself te ontwikkel in my beroep en as mens. Ek is ń sterk voorstaander daarvoor dat mens moet nooit ophou leer nie.

Wat inspireer jou?

Musiek, natuur, positiewe mense, en mense wat hard werk vir die goed wat hulle wil bereik.

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Julia Michaels, sy skryf vir my die mooiste musiek, en het ń baie unieke stem.

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek:

Alternative Pop

Sanger:

Lauv

Sangeres

Julia Michaels

Band

Panic! at the Disco

Gunsteling liedjie

Dit verander baie, maar vir die laaste ruk: If the world was ending – JP Saxe ft. Julia Michaels

Rolprent:

Ek dink ek het al Pitch Perfect oor die 100 keer gekyk.

Akteur:

Hugh Jackman, hy is ń absoluut legend.

Aktrise:

Dis tussen Anne Hathaway en Meryl Streep

TV reeks en karakter:

Teen wolf se Stiles Stilinski

Reeks:

911

Kos en drankie:

Sushi, en enige asiëse kos.

Water.

Ontspanning:

Slaap, of tyd te spandeer in die natuur.

Boek:

The Real God – Chip Ingram

Vakansie bestemming:

Kaapstad

Kleur:

Ligte pienk en Wit

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Negatiewe mense

Pizza

Goed wat nie minimalisties is nie

Om te sukkel

Karma

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

Ek is gebore in Pretoria en is ook hier groot geword.

Behalwe musiek, watter beroep wil jy graag volg?

Ek studeer arbeidsterapie, so ek wil ‘n arbeidsterapeut word, want dit is vir my baie belangrik om mense te help.

Jy is deel van die meisie groep, One Voice, hoe ervaar jy dit?

Dit is vir my baie lekker en gee my  baie goeie ervaring om op die verhoog te wees en om saam in n groep te werk. Ek leer ook baie van die ander meisies af.

Skryf jy self liedjies?

Ja, ek het al self 3 liedjies geskryf en vrygestel op digitale media, en ek is ook in die proses om vir One Voice te skryf.

Wanneer is jy op jou gelukigste?

Ek is op my gelukkigste as ek tussen my vriende en familie is en wanneer ek ander mense kan help met my talente en gawes.

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek is baie skaam as ek jou nie ken nie, maar as ek doen, praat ek te veel. Ek hou baie van diere en ek wil altyd mense help en mense van God vertel.

Waarna luister jy en hoekom?

Ek luister gewoonlik na opbouende pop musiek e nook Christelike musiek, want dit help my om te relax en ook om in n goeie bui te wees.

Som jou musiekstyl in een sin op?

My musiekstyl is meestal pop en ek prober ook altyd om n positiewe boodskap te he in dit wat ek sing sodat dit betekenis vir ander sal hê.

Watter invloed wil jy hê moet jou musiek op mense het?

Ek wil hê my musiek moet ‘n positiewe invloed op mense hê en dat dit mense hoop sal gee as hulle af voel.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek hou baie van pugs.

Waarmee is jy op die oomblik besig?

Ons as One Voice is op die oomblik besig om te skryf vir releases in die toekoms en ook n nuwe musiek video.

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ons het baie exciting dinge wat voorlê vir One Voice in die toekoms, en ek sien hoe ek met wat ookal ek in die toekoms doen mense gaan help.

Wat inspireer jou?

God inspirer my om ‘n liefdevolle mens te wees wat baie graag ander wil help en om n verskil in die wereld te maak.

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Ek sal baie graag saam met Lauren Diagle wil sing, want sy het n baie mooi stem en haar liedjies bring hoop vir baie mense.

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek

My gunsteling tipe musiek is pop en Christelike musiek.

Sanger

My gunsteling sanger is Jo Black, want hy het goeie boodskappe in sy liedjies.

Sangeres

My gunsteling sangeres is Lauren Diagle.

Band

My gunsteling band is 21 Pilots.

Gunsteling liedjie

My gunsteling liedjie is Come Holy Spirit.

Rolprent

My gunsteling rolprent is Shuitter Island.

Akteur

My gunsteling akteur is Leonardo Dicaprio.

Aktrise

My gunsteling aktrise is Melissa Mccarthy.

TV reeks en karakter

Modern Family se Hayley.

Reeks

Jane the Virgin.

Kos en drankie

Nachos en ‘n Margarita.

Ontspanning

Series kyk.

Boek

Die Bybel. Ek lees nie regtig boeke nie.

Vakansie bestemming

Ballito.

Kleur:

Ligte pienk.

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

  • Spinnekoppe.
  • Kos wat miskien af kan wees.
  • Weer wat te warm is.
  • My wekker

Kalinka

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

Ek is n Pretoria meisie, hier gebore en groot geword

Behalwe musiek, watter beroep wil jy graag volg?

Arbeidsterapie / Musiekterapie

Jy is deel van die meisie groep, One Voice, hoe ervaar jy dit?

 Dit is’ n ondervinding en ‘n half. Daar is baie uitdagings omdat ons 4 meisies is en die logistieke partykeer moeilik kan wees. Leer elke dag baie.

Skryf jy self liedjies?

Ja ek skryf self liedjies en ek het 2 jaar terug begin

Wanneer is jy op jou gelukigste?

As ek kan eet en gesellig wees saam met my familie en vriende

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek is 19 jaar oud, ek is besig met my 2de jaar Musiek Tegnologie. Ek hou van oefen en om besig te wees. Op n avontuur sal ek enige tyd gaan.Alles, ek hou baie van verskeie genres en hoe ek voel bepaal waarna ek luister.

Som jou musiekstyl in een sin op?

My musiekstyl sal ek beskryf as, uniek. (In my liedjies sal ek die boodskap eerder sterk deur laat kom as wat ek te veel instrumente insit. Ek hou daarvan om sterk te sing en daarom sal ek meer in my liedjies gebruik maak van belting maar ook sal ek sagte en ligte effekte gebruik om dit meer af te rond en kontras te skep. Ek skryf Afrikaans en Engels en dus sal ek die “tipiese” instrumente gebruik maar sal my eie “flavour” insit om die liedjie myne te maak.)

Watter invloed wil jy hê moet jou musiek op mense het?

Ek wil hê die gehoor moet kan identifiseer. Ek wil he hulle moet besef en ook weet dat enige kunstenaars ook n person is en dus gebeur lewe met almal. Ek wil he hulle moet kan weet dat ek net soos hulle spisifiek oor iets voel of dat dit gebeur het en dis hoe ek voel.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek eet glad nie sushi nie.

Waarmee is jy op die oomblik besig?

Op die oomblik is ek besig om te liedjies te skryf en hulle te verwerk

Wat inspireer jou?

 My drome inspireer my en die feit dat ek mense ken wie se drome waar geword het bv my pa en talle SA sangers.

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Christina Aguilera: want sy het n baie groot vocal range en ek oefen self om so n range te kry. Spoegwolf, hulle is baie pret op die verhoog , is nie skaam om te doen wat hulle moet doen nie en hulle boodskap kom baie sterk oor na die gehoor toe en dit is wat my geinspireer het om te begin skryf.

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek

Skryf: pop/ afr, sing: Pop balades, luister: enige genre

Sanger

Ek het n klomp: Francois van Coke, Matthew Mole, Spoegwolf

Sangeres

Ook n klomp: Christina Aguilera, Goodluck, Bebe Rexha

Band

Spoegwolf, Francois van Coke en Queen

Gunsteling liedjie

  Elke week verander dit, maar die week is dit maar my al time favourite en wat my altyd in n goeie bui sal kry is Killer Queen & Bohenium Rhapsody

TV reeks en karakter

Riverdale- Archie Andrews (KJ Apa)

Kos en drankie

Pizza en Brutal fruit/ flying fish en wyn

Ontspanning

Netflix en water ski, avontuur

Boek

Ek is nie baie lief vir lees nie.

Vakansie bestemming

Jeffrey’s Bay

Kleur:

Rooi

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

        -donker

       -Yoghurt met stukkies in,

       – spinnekope

        -ongeskikte mense en swak bestuurders.

Hierdie liedjie is beskikbaar op hulle debuut-album hier:  https://music.apple.com/za/album/one-voice/1469311205

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/onevoice4/

Instagram:@_one_voice_

Webblad: www.onevoice.co.za

BESPREKINGS:

E-pos: sanet@onevoice.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS
Jacques Perie – ADMINISTRATION

Related posts