Plaaslike bekendes deel intieme stories in #CALLEDAMOFFIE-Veldtog

Ná maande se internasionale premieres en uitverkoopte vertonings, begin regisseur Oliver Hermanus se jongste fliek, MOFFIE, volgende week op die plaaslike kringloop draai. Uiteindelik, sê Hermanus, bereik die fliek diegene vir wie hy dit gemaak het – “my mede-Suid-Afrikaners.”

Foto Krediete:  Brendan Croft ,OLIVER HERMANUS en Daniel Rutland Manners

Die storie van ’n jong dienspligtige wat die alledaagse wreedheid van die weermag in die 1980’s tydens apartheid in Suid-Afrika probeer oorleef, het sy premiere by die Venesiese Filmfees in September verlede jaar gehad. Sedert dié vertoning in Italië, is MOFFIE én Hermanus deur resensente en kykers wêreldwyd geloof.

Die afgelope paar weke, in afwagting van die fliek se Suid-Afrikaanse debuut op 13 Maart, het Hermanus die fliek met verskeie gay mans vir wie hy groot respek het, gedeel en daarna oor hul persoonlike ervarings met die woord “moffie” gesels. Dié gesprekke vorm deel van die #calledamoffie-veldtog wat deur die fliek se vervaardigingspan, Portobello Productions, geloods is om die woord as’t ware te ontwapen. Die gesprekke is opgeneem en as videos op die webtuiste www.moffiefilm.com beskikbaar. Hermanus het gesels met akteur Armand Aucamp, komediante Marc Lottering, Pieter-Dirk Uys en Casper de Vries, TV- en radiopersoonlikheid Rian van Heerden, politikus Siphesihle Dube, modeontwerper Lukhanyo Mdingi, sakekonsultant en stigter van Gay Pages, Rubin van Niekerk, seksgesondheidsaktivis Phumlani Kango en Damian Engelbrecht, the eerste openlike gay deelnemer aan die realiteitsreeks Boer Soek ‘n Vrou. Onder die onderwerpe wat aangeraak is, tel hoe die woord “moffie” hul lewens geaffekteer het.

“Jy moes afstand doen van die woord. Jy moes lewe asof jy straight is,” onthou komediant De Vries. “Ek hou van die titel,” voeg hy by. Die plattelandse Afrikaner-gemeenskap, bespiegel hy met ’n glimlag, gaan nie weet wat hul tref nie. “Wat de hel is hierdie? O, nee! Sies man!” En dít is juis die mag wat die fliek se titel inhou, sê hy. “Dit is briljant. Dit is in die oopte. Hier is dit.”

Oor sy besluit om MOFFIE die titel te maak, sê Hermanus dit gaan veral oor die impak van die woord. Hy het nog altyd ten doel gehad om ’n fliek met die naam te maak. “Die enigste plek in die wêreld waar dit enigiets beteken is hier, in Suid-Afrika. Ek het al die wêreld heen met die fliek getoer, maar die gehoor wat die meeste daardeur geraak is, my teikengehoor, is my mede-Suid-Afrikaners.”

Hermanus voeg by: “Daar is ’n baie spesifieke oomblik in hierdie fliek wat ek uit my eie lewenservaring geneem het. Natuurlik het ek dit aangepas, maar dit was ’n oomblik in my lewe wat vir lank my wese gedefinieër het.” Hy wou van ander mense oor hul verhouding met die woord hoor, en só het hy besluit om die fliek met onder meer De Vries te deel. “Ons mag as storievertellers is om bewustheid te kweek en ’n ruimte vir bespreking te skep; om ’n gesprek te begin en idees te deel.”

Op sy beurt, is Pieter-Dirk Uys opgewonde oor die titel en sê dit is een manier om die pyn van die woord te verminder. Hy het die woord “moffie” die eerste keer op die balkon van ’n kerk gehoor, vertel hy. Hy is self baie verskillende name op skool genoem, so ook “moffie. Ek het nie geweet wat dit was nie, maar dit het mooi geklink, dit het geklink soos ’n naam wat jy vir ‘’n klein kat sou gee.”

Armand Aucamp meen MOFFIE is ’n “pynvolle moet-kyk-fliek” en verwys na hoe verwronge idees oor manlikheid die samelewing teister, asook die mag wat die woord inhou.

Sy hoop, sê Hermanus, is dat hierdie gesprekke – en ook die fliek – sal help om die verwoestende nagevolge van die woord te verlig. Om hierdie doelstelling te vermag, moedig hy mense aan om hul stories op sosiale media te deel en die hutsmerk #calledamoffie te gebruik.

Hiermee die skakels na al die onderhoude wat op sosiale media gedeel kan word:

Pieter-Dirk Uys https://youtu.be/tJ1JJr9Dfzs 

Armand Aucamp https://youtu.be/1PyPAYnGPRY

Siphesihle Dube https://youtu.be/CFuWEA_2pBs

Rian van Heerden https://youtu.be/4VJZdP83hls

Rubin van Niekerk https://youtu.be/xsvlZv_1h54

Damian Engelbrecht https://youtu.be/gJ4v8iu_mZs

Marc Lottering https://youtu.be/fUJgu0USRJY

Lukhanyo Mdingi https://youtu.be/RAGxnbxGeo0

Casper de Vries https://youtu.be/KLVQM7FxDyU

Phumlani Kango https://youtu.be/3dJqNPmaZ_4

Kyk die lokprent hier:  https://www.youtube.com/watch?v=sr4SaDufN5o

MOFFIE se rolverdeling sluit Kai Luke Brümmer, Hitlon Pelser, Matthew Vey, Stefan Vermaak en Ryan de Villliers in. Eric Abraham en Jack Sidey is die vervaardigers met Theresa Ryan- van Graan as mede-vervaardiger.

MOFFIE is vervaardig deur Portobello Productions en Penzance Films.

Om kaartjies vooraf vir MOFFIE te bespreek besoek  https://www.moffiefilm.com/tickets

SOCIAL MEDIA SKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/MoffieFilm/

Instagram: @MoffieFilm

Twitter: @MoffieFilm

PUBLISITEIT & BEMARKING

STARBURST PROMOTIONS

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee – PUBLICIST

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →