FOTO KREDIET: Filmfinity and Sierra Affinity
180126_0549.DNG 180130_0225.DNG 180131_0241.DNG 180131_0477.DNG
A MILLION LITTLE PIECES is ’n rolprentverwerking van die 2003-topverkoper met dieselfde naam, deur James Frey, en is ’n emosiebelaaide vertelling van die skrywer se ervaring in ’n rehabilitasiesentrum in die 1990’s.
As alkoholis en dwelmverslaafde, het die drie-en-twintigjarige James twee opsies: dood of rehabilitasie. Nadat hy op ’n vliegtuig wakker word met gesigbeserings en geen benul van wat met hom gebeur het nie, besluit hy om na ’n rehabilitasiesentrum toe te gaan, waar hy meer ontdek as detoks en terapie. Op sy reis om sy lewe, liggaam en siel te herstel, ontmoet hy soortgelyke gebroke siele met dieselfde doel as hy.
180122_0216.DNG 180122_0662.JPG 180122_0778.DNG 180125_1162.DNG 180126_0434.DNG 180126_0499.DNG
A MILLION LITTLE PIECES is die bekroonde regisseur, Sam Taylor-Johnson, se nuutste projek – met Aaron Taylor-Johnson in die hoofrol, wat homself skitterend van sy taak kwyt. Die draaiboek is deur Aaron Taylor-Johnson en Sam Taylor-Johnson geskep en spog met ’n sterk rolverdeling, waaronder Billy Bob Thornton, Juliette Lewis, Giovanni Ribisi, Charlie Hunnam en Odessa Young.
180202_0068.DNG 180207_0071.DNG 180207_0245.DNG 180208_0182.DNG
Alhoewel A MILLION LITTLE PIECES nie terughou wanneer dit by die harde realiteite van verslawing kom nie, gaan dit ook oor die herstelproses en vier dit ook liefde, vriendskap en hoop. Dit probeer om ’n realistiese beeld te gee van hoe ’n jongman homself red van selfvernietiging.
180209_0273.DNG 180215_0167.DNG L1009740.DNG MMM_0153.CR2
“Jy lag en huil nooit so hard en intens soos wanneer jy besig is om te rehabilteer nie,” verduidelik die regisseur en draaiboekskrywer. “Dit was belangrik om die perfekte balans te vind tussen die lig en die donker… Ek wil graag hê dat fliekgangers die prent positief moet ervaar en met hoop, eerder as wanhoop sal wegstap.”
A MILLION LITTLE PIECES word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en stel amptelik op 3 April 2020 in Suid-Afrika vry op DSTV Box Office.
Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=6hJKG_91qlA
INTERNASIONALE SKAKELS
Facebook: @amillionlittlepiecesmovie Instagram: @amillionlittlepiecesmovie Hashtag: #AMLP_SA
PUBLISITEIT EN BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
STARBURST PROMOTIONS
Jacques Perie – ADMINISTRATION