FRANCOIS DEYSEL SE EERSTE MUSIEKVIDEO IS HIER!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Sterrekaart gaan oor die pad wat jy volg om jou droom te bereik. Dit is die rede hoekom ek op ’n oop pad wou stap in die musiekvideo. Volg jou drome, maak nie saak watter tipe pad jy moet stap om dit te bereik nie,” sê Francois Deysel oor die inspirasie agter die konsep van sy heel eerste musiekvideo, wat beslis een van sy drome is wat bewaarheid is.

Volgens die sanger, het hulle die konsep eenvoudig gehou om op hom – as sanger – te fokus, maar tog ook die boodskap van die liedjie vas te vang. Die video is op die Meyer’s Plaas in Alberton verfilm deur Renier Henning (wat ook die vervaardiger is), Xander Filmalter en Jaco Smit en deel die beste beeldmateriaal van vier konsepte wat saamgevoeg is om die beste eindresultaat te verseker.

“Ek is baie trots op my eerste musiekvideo. Dit is ’n reuse mylpaal in my lewe om, as onafhanklike kunstenaar, hierdie video te kon opneem en vrystel,” deel hy. “Al wat ek kan sê, is dat ek nou beslis nie meer bang of skaam is vir die kamera nie!”

Kyk die video hier:  https://www.youtube.com/watch?v=kH_GnhcZlxI

Sterrekaart, wat ook sy eerste Afrikaanse enkelsnit is, is in 2018 uitgereik en jou uitnooi om saam te sing en dans. Dié treffer is ’n liefdesliedjie wat gaan oor ’n musikant se liefde vir musiek en dit is nogal heel gepas dat dit die een is waarmee sy loopbaan amptelik sou afskop. Dit is ’n gehoor-gunstelinge tydens lewendige optredes.

Sy ander twee enkelsnitte, Ek Staan Nog en Net Soos In ’n Sprokie,is net so goed ontvang en musiekvideo’s word ook vir later beplan.

Hierdie Vrystater, wat kon sing nog voordat hy behoorlik kon praat, werk al vir nege jaar in die musiekbedryf. Alhoewel hy eers laas jaar sy eerste enkelsnit uitgereik het, tree hy al vir jare op en het hy in 2019 ’n permanente weeklikse vertoning elke Woensdag by Hippo’s Waterfront in Brakpan losgeslaan.

Francois beskou egter die vrystelling van sy eerste enkelsnit en album as die grootste hoogtepunte van sy loopbaan sover en hy is nog nie vir ’n dag spyt dat hy die platteland vir die stad se liggies verruil het nie. Hy is baie doelgerig en het nog baie planne vir die toekoms, wat ’n klein teaterproduksie en landswye toer insluit.  

As jy hom vra wat hom inspireer om sekere musiek te sing, sê hy: “Vir my om enige lied te sing, moet ek myself daarin kan vind. Die boodskap moet my hart raak. Dis ’n storie wat jy oordra, en die gevoel moet daar wees. So as ek iets nie “voel” nie, sal ek dit nie sing nie.” 

Dieselfde geld ook vir die musiek waarna hy graag luister en hy erken ook dat, alhoewel hy lief is vir enige musiek, Afrikaans hom die naaste aan die hart lê. “Afrikaans is die taal waarin ek gebore is en myself kan uitleef, veral met musiek. Musiek voed die siel en genees die hart en daar is baie liedjies wat my deur moeilike tye gedra het,” gesels hy. “Die Afrikaanse Musiekbedryf is groot en groei elke dag en ek is baie positief dat dit net groter en sterker word in die toekoms.”

Wanneer hy nie op die verhoog is nie, bestuur hy sy eie besigheid – Print Signs and Art – in Alberton wat sandblaaswerk doen en hom die geleentheid gee om op ’n ander manier kreatief te wees. Hy is ook baie lief daarvoor om fiks te bly en is ’n aktiewe “Crossfitter”.

Om nederig te bly, is ’n eienskap wat vir hom baie belangrik is en iets wat hy uitleef in sy eie beroep en musiekloopbaan.

Francois Deysel se musiek is nie net strelend op die oor nie, maar ’n bewys van wat jy met groot drome, deursettingsvermoë, harde werk en passie kan regkry.

Sy eerste musiekvideo is maar net die begin van groot dinge vir hom en die eerste tree in die volgende fase van sy musiekloopbaan.

LAAI SY ENKELSNITTE AF OP

iTunes

http://itunes.apple.com/album/id1442122208?ls=1&app=itunes

VOLG HOM OP SOSIALE MEDIA

Facebook – https://www.facebook.com/Francois-Deysel-Page

Instagram – @francois.deysel

BESPREKINGS EN NAVRAE

Sel: 083 587 7546

E-pos: deyselff@gmail.com

Related posts