Reeds ‘n paar jaar gelede het die jong kunstenaar, Henri Alant die liedjie “Daar’s ‘n rede” as verjaarsdag geskenk ontvang vanaf die meester liedjie skrywer, Rudi Claase. Henri het toe al vermoed dat die liedjie groot treffer potensiaal het, maar hy het egter ook besef dat die liedjie kort daardie iets spesiaal. En daardie iets het na hom toe gekom in die vorm van die gewilde en bekroonde sangeres, Jennifer Zamudio. Jennifer het voorheen al aan Henri aangedui dat sy sal eendag saam met hom werk indien hy die regte liedjie kry. Hy het verlede jaar vir Jennifer opgevat op haar aanbod en die liedjie aan haar voorgehou. Jennifer was dadelik mal daaroor en dit pas perfek in by haar genre en styl van musiek.
Henri en Jennifer se stemme komplimenteer mekaar perfek op die liedjie en dit klink asof dit nog altyd bestem was as ‘n duet. Hulle prag duet weergawe van “Daar’s ‘n rede” is vervaardig en is nou reg om vrygestel te word. Die liedjie het ‘n polsende dans ritme wat jou vinnig op die dansvloer sal kry en die lirike laat jou heerlik saamsing. Dit sal beslis aanklank vind by oud en jonk.
Henri en Jennifer is oortuig dat die liedjie die potensiaal het om ‘n beslisde treffer te wees. Geniet “Daar’s ‘n rede” en draai die volume oop! Die lied is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Klik op die skakel: https://t.co/8aOhH13Jmp?amp=1
ISRC code: ZA-G85-20-0001
Tyd: 3:32
Kunstenaars: Henri Alant en Jennifer Zamudio
Skrywer: Rudi Claase (Universal Music Publishing)
Vervaardig deur: Christie Schutte (Startrax Studios)

