Christo Badenhorst se debuut enkelsnit “Fluister van die strate” is binnekort beskikbaar op alle digitale platforms.

Christo Badenhorst se debuut enkelsnit “Fluister van die strate” is binnekort beskikbaar op alle digitale platforms. “Fluister van die strate” is deur Christo self geskryf. Christo is afkomstig van Noord Natal. Die begeerte om musiek te maak was nog altyd daar en terwyl hy in Hoërskool was het hy begin kitaar speel. Hy het Natal kleure vir rugby ontvang en het planne gehad om ‘n toekoms in rugby te hê. Die Springbok rugby speel het nie uitgewerk nie en Christo het begin liedjies skryf maar was te skaam om voor…

Lees meer

KN Pandemie: nuwe program wat die pad vorentoe ondersoek

COVID-19 is deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie tot ‘n pandemie verklaar. Vir die volgende 13 weke, vanaf Dinsdag 7 April om 21:00, bring KN Pandemie akkurate nuus en feite oor die virus op kykNET DStv-kanaal 144. In KN Pandemie sal die aanbieder, Suzaan Steyn, met kenners op verskeie gebiede regstreeks via Skype gesels. Viroloeë en dokters sal mediese aspekte van COVID-19 bespreek en praktiese wenke gee oor hoe om veilig en gesond te bly. En sielkundiges sal oor die sielkundige impak van die virus gesels, met praktiese wenke oor hoe om…

Lees meer

Reynardt Hugo se debuut-enkelsnit kry ‘n musiekvideo!

Reynardt Hugo het beslis geen bekendstelling in vermaakkringe nodig nie. Hy kuier elke aand in sitkamers regoor die land, in die rol van dr. Tertius Jonker op die kykNET-sepie Binnelanders, en was tot onlangs nog deel van die gewilde mansgroep, ADAM. Dié veelsydige ster se debuut-enkelsnit, DIE RIVIER, is onlangs vrygestel en het soos ’n veldbrand op sosialemedia versprei. Nóú is die musiekvideo van hierdie liedjie, wat reeds die trefferleer op verskeie radiostasies begin klim het, ook beskikbaar! Son Of Wolf Films was die kreatiewe brein agter hierdie besonderse projek…

Lees meer

Reynardt Hugo se eerste solo-enkelsnit is hier!

Reynardt Hugo het beslis geen bekendstelling in vermaakkringe nodig nie. Hy kuier elke aand in sitkamers regoor die land, in die rol van dr. Tertius Jonker op die kykNET-sepieBinnelanders, en was tot onlangs nog deel van die gewilde mansgroep, ADAM. Nou staan dié veelsydige ster op die drumpel van ’n splinternuwe en opwindende hoofstuk van sy musiekloopbaan, met die vrystelling van sy eerste solo-enkelsnit, DIE RIVIER, wat reeds besig is om radiogolwe oor te neem. Hierdie inspirerende popsnit, wat hy saam met Abel Knobel en Sean Butler geskryf het, is…

Lees meer

RAMEY SHORT – KANNIE BREEK

Ramey Short, alombekend vir sy rol as Dr. Quinton Meyer in die daaglikse televisiedrama, Binneland, te sien op kykNET, het pas sy eerste solo-album, getiteld Kannie Breek, uitgereik. Dié album beloof om aanhangers van die akteur se voete behoorlik te laat jeuk van plesier en hopenlik ook hul harte aan te raak. Die eerste enkelsnit wat vrygestel is en ook die eerste liedjie wat Ramey geskryf het, ‘Al wat ek kan sê’, kan reeds gehoor word op verskeie radiostasies landwyd. Al die liedjies op die album beteken iets vir Ramey…

Lees meer

Danny Smoke se supervideo is hier!

Die sensasionele Danny Smoke se #SuperVideo is pas vrygestel. Die video is ‘n trilogie, wat bestaan uit drie van sy liedjies en reeds bestaande videos van Soek Jy Aandag Of Soek Jy My Lyf?, T-Shirt en Gaan Ons Inlê, gekombineer. Die video is geskiet tydens ‘n rit Mosambiek toe. “Ons het in ‘n kar geklim. Ek het hierdie meisie, Danica Van den heede ontmoet by ‘n gastehuis, ons ken mekaar glad nie, maar ry toe 1 300km na Mosambiek toe. Dit was incredible om dit so te doen, dokumentêrestyl, een…

Lees meer

Aitsa- Bekroonde musikant voltooi laaste stukkie van legkaart met nuutste vrystelling!

Danny Smoke se geheimsinnigheid maak hom onweerstaanbaar vir sy aanhangers en met sy smeulende en ennergieke lewendige optredes verower hy tans harte reg-oor Suid-Afrika.  Sy musiekvideos en liedjies is sexy en lekkerluister-musiek, waarby gehore oraloor aanklank vind en al is van sy videos al ’n keer of wat as ietwat “te warm” vir televisie beskryf, dink sy aanhangers duidelik glad nie so nie! Toe hy besluit het om die liefdesverhaal, wat hy graag wou vertel, in die vorm van ’n trilogie musiekvideos met sy aanhangers te deel is die eerste…

Lees meer

Ekstra TruthTV Inligting:

Wat is TruthTV? TruthTV omskep enige kamer in ‘n familiekamer! Met ‘n enkele inkrywing op TruthTV.com, kan jou gesin tot en met 10 toestelle koppel om talle familie-vriendelike, Christen films kyk, asook reekse, dokumentêre programme, kinder vermaak & meer! With TruthTV – Anywhere, Anytime is Family Time… Wat is lekkerder as ‘n lekker fliek saam die hele gesin – veral tydens Lockdown! Kies ‘n opbouende fliek op TruthTV.com, kyk dit saam & gesels daarna oor alles wat julle gesien het! TruthTV is beskikbaar via TruthTV.com en enige van die TruthTV…

Lees meer

TruthTV – Enige Tyd en Plek is Familietyd! Suid-Afrika se eie digitale platform vol inspirasie vir Paasfees.

Suid-Afrika – dit is Uiteindelik hier! Leun terug in jou gemakstoel, bring die handsuiweraar, springmielies en die gesin en kom geniet tientalle ure se familie vriendelike films in Afrikaans en Engels, vermaak-, begrip-, aktuele- en kinderprogramme!  TruthTV ‘n splinternuwe digitale televisiekanaal, klop van vandag aan jou TV kas en is nie nét verbruikersvriendelik nie, maar ook propvol familie vriendelike en inspirerende vermaak; alles gebaseer op Christelike waardes.   Die TruthTV-span bestaan ​​uit mense net soos jy wat gesinsvriendelike vermaak wil kyk wat ‘n goeie boodskap dra. En daarom beloof TruthTV om oud…

Lees meer

Afrikaanse Taalmonument en Taalmuseum gesluit tot 16 April 2020

Afrikaanse Taalmonument en Taalmuseum gesluit tot 16 April 2020Webtuiste bied virtuele toer en spog met ongelooflike inligting en foto’s {Afrikaanse Taalmonument and Taalmuseum closed until 16 April 2020. Website offers virtual tour, and has incredible information and photos – English below} Goeiedag | Molweni | Good day Na aanleiding van die jongste verwikkelinge rakende die koronavirus-pandemie, bevestig die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl en die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg hiermee dat beide instellings vanaf 27 Maart tot 16 April 2020 gesluit is vir besoekers. In reaksie op die staatspresident se…

Lees meer