
Suid-Afrika – dit is Uiteindelik hier!
Leun terug in jou gemakstoel, bring die handsuiweraar, springmielies en die gesin en kom geniet tientalle ure se familie vriendelike films in Afrikaans en Engels, vermaak-, begrip-, aktuele- en kinderprogramme!
TruthTV ‘n splinternuwe digitale televisiekanaal, klop van vandag aan jou TV kas en is nie nét verbruikersvriendelik nie, maar ook propvol familie vriendelike en inspirerende vermaak; alles gebaseer op Christelike waardes.
Die TruthTV-span bestaan uit mense net soos jy wat gesinsvriendelike vermaak wil kyk wat ‘n goeie boodskap dra. En daarom beloof TruthTV om oud en jonk te laat skater-lag, trane afvee, dieper dink en te bly inspireer met die verlossingskrag van Jesus Christus.
TruthTV is die één plek waar gesinne, kerke en kleingroepe bymekaarkom om te leer en te lag!
’n Wêreld van keuse is letterlik in die palm van jou hand. Besoek ons webwerf www.TruthTV.com, registreer en kyk na TruthTV op jou selfoon, tablet, rekenaar of televisie sóós jy wil, wáár jy wil. Klik op Apple AppStore of Google Playstore en laai ons TruthTV Slimfoon Toeps af. Alle TruthTV intekenaars kry 14 dae GRATIS op dié indrukwekkende nuwe platform of besoek ons platform en kyk solank na al ons gratis TruthTV lokprente.
Hierdie Paasfees wys TruthTV hart met ‘n spesiale pasella-Paasfees aanbod; klik op TruthTV op Opstanding-Sondag, vanaf 00:00 tot 23:59 en geniet twee onmisbare Paasfees flieks vry, gratis en verniet!
Skep ‘n persoonlike profiel met jou epos adres & ‘n wagwoord van jou keuse om die flieks te geniet! Lion of Judah en Son of God.
Ons kan nie wag dat jy by ons familie aansluit nie. Kom ervaar Gesinstyd, Enige plek, Enige tyd!
Volg TruthTV op die sosiale media skakels:
