John Mac Vay is ‘n opkomende sanger wat besig is om opslae te maak!

John Mac Vay is n opkomende sanger wat besig is om opslae te maak met sy splinternuwe Trotse Afrikaanse CD,  Een Rand Werd.

John se eerste CD het meestal covers op gehad en hy is ook lief vir Country musiek. Hy sing Country en was bevoorreg om van sy liedjies op Big Daddy, Lance James se Country Show te kon hoor en sy musiek speel reeds op verskeie radio stasies plaaslik en international.

Een rand werd spog met 6 splinternuwe liedjies wat geskryf is deur Pauline Matthews, Jade Storm en Wilna Nissen.

John het al met kunstenaars soos Brendan Peyper opgetree en was 7 weke nommer 1 met sy liedjie “Hier by jou” op n radio stasie in die Sabie distrik.

John se liefde vir musiek het al van vroeg begin maar is eers 3 jaar terug ontdek. Met sy weergawe van Transkaroo het hy no 1 status bereik op n plaaslike radio stasie.

John is gebore in Johannesburg hy het sy Matriek geskryf by die Hoërskool Elsburg, sy diensplig van 2 jaar voltooi en daarna direk na die brandweer gegaan waar hy in diens was vir meer as 10 jaar.

Hy was n jaar uit die land waar hy in Sipress gewoon het.

Hy het sy vrou Barbara asook sy bestuurderes 6 jaar terug ontmoet en hulle is in 2015 getroud.

Sy nuwe CD  Een Rand werd is deur Produksie span Angel Music Productions gedoen en met die leiding van ‘n fantastiese produksiespan het hy ook sy eerste enkel snit “Hier by jou” opgeneem asook ‘n video wat beskikbaar is op Youtube.

John is bevoorreg om Jason Bradley te hê wat sy kitaarwerk doen.

Olka Bolka Tydskrif het bietjie meer uitgevind oor John :

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

GEBORE EN GROOT GEWORD IN JOHANNESBURG

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

PASSIEVOLLE MENS, FAMILIE MENS, SAGGEAARD MAAR HET OOK N KWAAI KANT

Waarna luister jy en hoekom?

LUISTER GRAAG NA MUSIEK WANT MUSIEK INSPIREER MY

Som jou musiekstyl in een sin op?

 AFRIKAANS EN COUNTRY

Wat maak jou uniek?

 MY POSITIEWE HOUDING EN MY GLIMLAG

Watter invloed wil jy hê moet jou musiek op mense het?

MUSIEK MOET MENSE INSPIREER EN HELP DEUR MOEILIKE TYE MET DIE WOORDE VAN MY LIEDJIES

Waarmee is jy op die oomblik besig?

SOPAS KLAAR MY SPLINTER NUWE AFRIKAANSE CD OPGENEEM, BESIG MET MUSIEK VIDEOS

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

2020 GAAN N BESIGE JAAR WEES VIR MY, MY TOEKOMS? HOOP EK OM TE KAN GROEI IN DIE MUSIEK BEDRYF

Wat inspireer jou?

POSITIEWE MENSE, MENSE WAT OOK ONBAATSUGTIG IS IN DIE LEWE

Het jy enige fobies?

GEEN  

Wat is jou grootste wens vir Suid-Afrika?

GELOOF MAAK DIE ONMOONTLIKE MOONTLIK, HOOP LAAT ALLES TEN GOEDE UITWERK, LIEFDE VERANDER DIE ALLEDAAGSE IN MOOI, MAG SUID AFRIKA AL 3 HIERDIE JAAR ERVAAR.

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees?

RAY DILLAN  

Wat is jou gunsteling: 

Tipe Musiek AFRIKAANSE MUSIEK ASOOK DIE MUSIEK VAN DIE 80’S

Sanger: STEVE HOFMEYER

Sangeres: VICKY LEANDROS

Band: MIDDLE OF THE ROAD

Gunsteling liedjie:  APRES TOI – VICKY LEANDROS

Rolprent:  WALK TO REMEMBER

Akteur:  WILLIE ESTERHUIZEN

Aktrise:  LIZ MEIRING

TV reeks en karakter:  WORS VISAGIE / MOLLIE EN WORS

Reeks: SON OF ANARCHY

Kos en drankie: GOEIE STEAK / COKE

Ontspanning: OM RUSTIGE TE WEES MET ‘N GOEIE FLIEK OM NA TE KYK

Boek: SYDNEY SHELDON – IF TOMORROW COMES, TELL ME YOUR DREAMS

Vakansie bestemming: EGIPTE

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge. 

LEUENAARS

JALOESIE

DIERE MISHANDELING

GROOT PRATERY

Vir besprekings en vir cd’s kontak asb sy bestuurderes Barbara Mac Vay op cell 0710771135

Hy het ook n Facebook blad JOHN MAC VAY SANGER waar mense hom kan volg.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →