Gerduan Kemp se nuutste enkelsnit, Sesde Sintuig, gaan oor die opwinding van om verlief te wees

Dit is reeds ’n hele paar maande sedert hy sy laaste enkelsnit vrygestel het, maar Gerduan Kemp, is terug en beter as ooit! Die kunstenaar met sy kenmerkende diep stem se nuwe liedjie, SESDE SINTUIG, gaan oor die opwinding van verlief-wees en hoe liefde eintlik soos ’n ekstra sintuig kan wees. Verhoudings was nog altyd baie belangrik vir dié drie-en-twintigjarige sanger en dis ook die inspirasie agter hierdie opgewekte snit. “SESDE SINTUIG vertel hoe liefde jou soms van die werklikheid kan laat vergeet. Liefde het ook die krag om ’n…

Lees meer