Die bekende Country-sanger, Jason Bradley, is tans in die Heidelbergse Hospitaal opgeneem nadat hy gediagnoseer is met ‘n groot ystertekort in sy bloed en lae bloedtelling. Tina Bradley, Jason se vrou, sê dat Jason reeds die afgelope paar jaar met ‘n lewerproblem en lae yster sukkel. “Jason se immuunstelsel is baie laag weens die lae yster. Sy liggaam is baie vatbaar vir siektes en daarom het ons vanjaar besluit om baie minder konserte te doen sodat sy liggaam kan herstel. Die spanning wat bygekom het met Lockdown en finansiële uitdagings het ook bygedra dat sy vorige maagseer weer erg begin bloei het. Voor hy sy bloed weer op gesonde vlak kon kry, het hy ongelukkig weer bloed verloor. Juis daarom het sy hart baie swaar gekry en die dokter kon hom weer stabiel kry. Verdere toetse word gedoen om die oorsaak te bevestig.”
Tina sê hy is onmiddellik by die Heidelberg Hospitaal opgeneem waar hy reeds ‘n tweede bloedoortapping ontvang het. “Die Heidelberg Hospitaal het vanoggend bevestig dat Jason se toestand stabiel is en dat dit reeds beter gaan met hom.”
Sy wil ook almal bedank vir die ondersteuning en gebede vir Jason. “Ons is so dankbaar vir almal se onderskraging in hierdie tyd. Ons weet ook dat die Here vir Jason deur hierdie moeilike tyd sal dra en gesond sal maak,” sê Tina.
UITGEREIK DEUR LEFRA PRODUKSIES
MEDIANAVRAE: (011) 815 3000 OF EPOS: admin@lefra.com
LET WEL: Indien die media enige navrae het, rig dit asseblief skriftelik aan Lefra Produksies nie en nie aan Tina Bradley nie.
ISSUED BY LEFRA PRODUCTIONS
MEDIA INQUIRIES: (011) 815 3000 OR EMAIL: admin@lefra.com