THE UNFAMILIAR OPEN IN #2-POSISIE OP DIE VIËTNAMESE-LOKET IN MEER AS 1000 BIOSKOPE EN TREF SUID-AFRIKA OP 28 OKTOBER 2020

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Britse gruwelprent, THE UNFAMILIAR, wat deur Suid-Afrikaners wat in die Verenigde Koninkryk woon geskep en vervaardig is, het in die nommer twee-posisie geopen by die Viëtnamese-loket in 1 102 bioskope regoor dié land. Viëtnamese kritici prys hierdie gruwelprent se vermoë om die gehoor te ontstel deur ’n familie-eenheid te ontwrig.

 

THE UNFAMILIAR Profile Pictures  

 Photo credit: Fathom KeyArt Services 

Copyright: Dark Matter Studios 

THE UNFAMILIAR Photos  

Photo credit: The Unfamiliar Film    

Copyright: Dark Matter Studios 

Te danke aan ’n span talentvolle akteurs en regisseur, bring hierdie rolprent ’n aangrypende verhaal met ’n emosionele familie-element na die grootskerm.” – Tiin.vn, PIM

THE UNFAMILIAR sal hierdie Halloween in Suid-Afrika beskikbaar wees en vertel die storie van ’n Britse weermagdokter (Jemima West) wat terugkeer van die oorlog en dink dat sy aan post-traumatiese stresversteuring (PTSV) ly, net om te ontdek dat daar bose geeste in haar huis is. Die lewe wat sy voorheen geken het word ingrypend verander. 

Hierdie vreesaanjaende gruwelprent is in Augustus 2020 in die VSA aan meer as 100-miljoen huishoudings vrygestel deur intekendienste, satelliet TV en digitale platforms en het iTunes se lys van Top 20 gruwelfilms in die Verenigde Koninkryk met die vrystelling in September 2020 gehaal. Die rolprent is gekies vir verskeie internasionale rolprentfeeste, het menigte benoemings ontvang, is aan verskeie internasionale bestemmings uitgereik en het mediadekking deur die wêreld se mees gesogte mediahuise geniet.

Aanhangers van hierdie genre kan uitsien na ’n unieke grootskermervaring met ’n onverwagse kinkel.” – Jacob Stolworthy, The Independent.

THE UNFAMILIAR weet hoe om spanning te skep en die mat onder ons uit te ruk, met slim klankontwerp, knap tonele en ongewone kinders.” – Katelyn Nelson, Killer Horror Critic.

“’n Unieke perspektief van hoe PTSV gesinne beïnvloed.” – Lauren Anderson, Showbiz Cheat Sheet.

Die Suid-Afrikaanse rolprentmaker, HENK PRETORIUS, ook bekend vir Leading LadyBakgat en Fanie Fourie’s Lobola, was die regisseur van THE UNFAMILIAR en het die draaiboek geskryf saam met Jennifer Nicole Stang: “Ek is baie opgewonde om binnekort ook THE UNFAMILIAR met Suid-Afrikaners te deel en is dankbaar vir die internasionale sukses wat dit sover behaal het. Ek sal altyd trots Suid-Afrikaans bly en hoop dat my reis ander sal inspireer om ook hulle drome te volg.”

JEMIMA WEST (Indian Summers, The Mortal Instruments) en CHRISTOPHER DANE (Being Sold) is te sien in die hoofrolle, en die fliek is vervaardig deur die Suid-Afrikaners LLEWELYNN GREEFF (Modder en Bloed, Leading Lady) en BAREND KRUGER.  

DARK MATTER STUDIOS het THE UNFAMILIAR vervaardig, in samewerking met Trigger Films en Onsight. FILMFINITY (Edms) Bpk. stel THE UNFAMILIAR digitaal in Suid-Afrika vry op 28 Oktober 2020 op uitgesoekte VOD-platforms.

Betrokke Partye:

Rolverdeling: Jemima West (The Mortal Instruments, Indian Summers), Christopher Dane (Ren), Rebecca Hanssen (Tell it to the Bees, Lore, The Drowning of Arthur Braxton) en die bekendstelling van Harry McMillan-Hunt

Regisseur: Henk Pretorius Draaiboek: Henk Pretorius en Jennifer Nicole Stang

Vervaardigers: Llewelynn Greeff en Barend Kruger Vervaardigingsmaatskappy: Dark Matter Studios

Sosiale mediaskakels: @unfamiliarmovie www.theunfamiliarmovie.com #TheUnfamiliar

Vir medianavrae, kontak asseblief vir Starburst Promosies (SA): 

Alishia van Deventer / alishia@starburstmusic.co.za

Ekstra Skakels en Inligting:

THE UNFAMILIAR word op 28 Oktober 2020 in Suid-Afrika vrygestel.

Amptelike Lokprent: YouTube & Embed  https://www.youtube.com/watch?v=KD43OQnTMWU

<iframe width=”560″ height=”315″ src=”https

://www.youtube.com/embed/KD43OQnTMWU

” frameborder=”0″ allow=”accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture” allowfullscreen></iframe>

Amptelike Lokprent: Facebook & Embed

https://www.facebook.com/unfamiliarmovie/posts/729523724285106

<iframesrc=”https://www.facebook.com/plugins/video.php?href=https%3A%2F%2Fwww.facebook.com%2Funfamiliarmovie%2Fvideos%2F1603641379812792%2F&show_text=0&width=476″ width=”476″ height=”476″ style=”border:none;overflow:hidden” scrolling=”no” frameborder=”0″ allowTransparency=”true” allowFullScreen=”true”></iframe>


Volg ons op Sosiale Media:
Facebook: https://www.facebook.com/unfamiliarmovie
Twitter: https://twitter.com/unfamiliarmovie
Instagram: https://www.instagram.com/unfamiliarmovie/
YouTube: https://www.youtube.com/user/darkmatterstudiosUK

www.theunfamiliarmovie.com

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS
JP Perie – ADMINISTRATION

Related posts