Reggie Peace, Petronel Baard en Kayczwe Nkosi bemoedig alle Suid-Afrikaanse vrou met nuwe enkelsnit!

21 September 2020 , het 3 x van ons kunstenaars waarop ons ongelooflik trots is! Reggie Peace, Petronel Baard en KayCzwe Nkosi het kragte saamgespan om lewe te gee aan ’n konsep wat deur Reggie en vervaardiger, DJ Darkness, geskep is.  African Queen, is ‘n liedjie deur hulle drie geskep met die doel daaragter om alle Suid-Afrikaanse vroue aan te moedig om hulle plekke in te neem en sterk te staan deur hulle self te wees.  Dis ‘n baie belangrike boodskap, veral in die laaste tye waar geslagsgeweld geweldig toegeneem…

Lees meer

Kan djy Afrikaans toelies in Arabies of Jawi?Taalmonument loods Arabies-Afrikaansekompetisie met R10 000 op die spel!

Ter ere van Erfenismaand en as deel van die viering van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste verjaardag, loods hulle ʼn gratis kompetisie waarin R10 000 op die spel is enigiemand wat enige kort Afrikaanse teks in Arabiese of Jawiese (Arabies soos aangepas om spesifieke Afrikaanse klanke weer te gee) skrif translitereer. Boonop sal van die beste voorbeelde vir ʼn paar maande in die monument se Groen Galery uitgestal word om dit aan ʼn groter gehoor bekend te stel. Arabies-Afrikaans, oftewel Afrikaans wat met behulp van die Arabiese…

Lees meer